Jak 1:12

Vrydag 3 Februarie 2017 Tema: Jy sal hierdeur kom.. 5

**** My eie woorde
**** Die HERE belowe ’n loon. My werke red my wel nie, maar
wanneer ek in Christus is en ek deurstaan die toetse en oorwin
sal ons die kroon van die lewe ontvang. Dit was immer die doel
waarom Christus gekom het, nie net om ons te verlos nie, maar
ook om vir ons te kom wys ons kan oorwin. Wat is jou toets wat is
jou beproewing? Jou man, jou verslawing, jou huwelik, jou siekte
jou werk , jou kinders , jou familie, jou finansies ….. God se
antwoord is steeds Jy sal en kan hierdeur kom, want Hy het
gekom om juis die te soek en te red wat verlore is . Onthou dit
gaan nie maklik wees nie, maar dit is en sal altyd die moeite werd
wees.

Jak 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die
toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die
Here beloof het aan die wat Hom liefhet. V13 Laat niemand, as
hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want
God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy
niemand nie.
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te
soek en te red wat verlore was.
Open 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n
God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

GETUIENISSE en TERUGVOER
**** ‘n Paar mensies het hierdie week dankie briefies gestuur
Wat meer kan ek sê anders as die HERE is groot en goed en aan
Hom alleen kom die lof en die Eer toe. In my sondigheid vra ek
die HERE die week beantwoord asb. net een persoon se gebed
dat ek kan weet dis die pad waarmee ek moet volhou . Toe
ontvang ek ‘’n briefie van ‘’n dame vir wie ek sowat 6 maande
gelede begin bid het . ‘’n Pad van seer en stukkend en wegdwaal
en val en opstaan . Tog het die HERE gehoor en verhoor en het
Sy weer in Sy arm geland sodat Hy haar verder kan dra.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 3,4 & 5 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Christa Garoes 3Feb
Louise Nel 3 Feb
Quinten Schutte 3 Feb
Christina Koekemoer 3 Feb
Sophia Gouws 4 Feb.
Elaine Luus 4 Feb
Pieter Jonker 4 Feb
Margreth Visagie 4 Feb.
Elvene Oncke 4 Feb.
Ansie Jordaan 5 Feb.
Margie Schlebusch 5 Feb
Nickey v Wyk ( Namibie) 5 Feb

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *