JAN SMUTS-KOEKIES

Resep van Anna Eksteen.

KORS

400g (750 ml, ongesif afgemeet)

koekmeelblom

10ml bakpoeier

1ml sout

250 g botter of margarien, by

kamertemperatuur

250ml suiker

2 eiers, geklits

 

VULSEL

125g botter of margarien, by kamertemperatuur

150ml suiker

2 eiers, geklits

225ml, ongesif afgemeet

koekmeelblom

5ml bakpoeier

100ml fyn appelkooskonfyt

 

Voorverhit die oond tot 190C.

Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hul met kleefwerende middel.

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.

Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is.

Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot ‘n deeg. Rol die deeg sowat 3mm dik uit op ‘n meelbestrooide deegplank.

Druk sirkels, 8cm in deursnee, met ‘n koekiedrukker uit.

Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.

Verroom die botter of margarien en die suiker saam.

Voeg die eiers by en meng.

Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.

Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie.

Skep ‘n lepelvol vulsel daarop.

Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.

Keer hulle versigtig op ‘n draadrak uit en laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,412 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *