Job 1 V 6

Maandag 27 Feb.2017 Tema: As donker toeslaan 1
**** My eie woorde
**** Ek dink een van die beste voorbeelde in die Bybel is juis Job se
verhaal, omdat ons elkeen so bietjie daarvan in ons lewens beleef
Satan is die aanklaer en hy deurkruis die wêreld. Die wonderlike
deel vir my is juis dat dit so duidelik na vore kom dat God ons
raaksien en dat Hy graag met ons wil spog net soos ons met ons
kinders en kleinkinders wil spog. My vraag vandag kan hy vandag
met jou en my lewe spog.
Die aanklag:
Job 1 V 6 Op ‘n dag het die hemelwesens voor God kom
staan, en die Satan was ook onder hulle. V7 Toe vra die
Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die
Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”
V8 Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy
hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op die aarde nie: hy is
vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”
V9 Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede
dat Job U dien nie! V10 U beskerm hom dan, en sy huis en
al sy goed. U maak alles wat hy doen voorspoedig. Selfs sy
vee teel vinnig aan. V11 Maar raak nou net aan sy besittings
en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.”
**** Wat die duiwel eintlik hier vir die Here sê is dat dit God is wat
keer dat iets verkeerd gaan met Job, maar as Hy Sy Goddelike
hand van genade wegtrek en die Satan so klein kansie gee, dan sal
God sien wie Job regtig is. Sy taktiek het nie verander nie en sy
sluheid het ook nie. So kla hy vir my en jou ook by God aan. Wat
maak ons met die toets?
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Louise Bester 27 Feb.
Alta Lotz 27 Feb
Johan Engelbrecht 27 Feb
Katrien van der Merwe 27 Feb
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *