Job 5:17

Woensdag 8 Februarie 2017 Tema: Waarom kry ons swaar 3
**** My eie woorde
**** Vandag se gedeelte is vir my so kosbaar . Dit gaan oor pak
kry . Eerstens dat ons eintlik moet bly wees daaroor want dit sê
juis dat ons Sy kinders is . Die uiteindelike doel is dat ons Sy
karakter deelagtig kan word . Dit is al wat ons saamneem hemel
toe eendag, dis ons karakter wat ons nou hier vorm . Dan eindig
Paulus en sê dit lyk dalk nou nie vir jou dat dit jou bly kan maak
nie, maar vorentoe en in die hiernamaals sal ons sien wat die
waarde was. Lees vandag se getuienis iemand wat Satan se
aanvalle en God se doel daaragter raaksien.

Job 5:17 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp
daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Heb 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty
elke seun wat Hy aanneem.
V7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns;
want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
V8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword
het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
Heb 12:10 Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste
wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan
deelagtig word.
Heb 12:11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak
van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n
vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

GETUIENISSE en TERUGVOER
A.F. getuig na verlede week se dagstukkies
Hierdie week se dagstukkies was asof dit spesiaal vir my bedoel
is. Die kanker was terug met 4 nuwe uitsaaiings – 3 daarvan in
my linker long. Was weer onder die mes en die Here het almal in
die teater gehelp om alles 100 % suksesvol te verwyder. Dit was
‘n donker tyd, maar ek is terug by die huis en dank Hom steeds
vir Sy liefde en genade en veral ook vir die rustigheid wat ek
ervaar! My vrou het my hierdie vers in Job gegee en die trefkrag
is verstommend! Nuwe vertaling Job 5 : 19.” Al tref ‘n ramp jou
ses of sewe keer, Hy sal jou red, selfs in die hoeveelste keer sal
dit jou geen kwaad aandoen nie.” Ongelooflik waar en absoluut
wonderlik om dit te ervaar!!
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Johan Johnstone 8 Feb.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *