Jogurt en Hoender Potjie

Jogurt en Hoender Potjie (van Celia)

2 kg Hoenderstukke
2 (green pepers) soetrissies in lengte gesny
300 g wortels geskil en in skywe gesny
6 groot aartappels geskil en in heltes gesny
100 g gedroogde appelkose
200 g groen boontjies gekerf
150 g Sampioene gesny
Sout na smaak
1 pakkie Sampioensop

Marinade:

500 ml Jogurt
500 ml Droë Wit wyn
10 ml gedroogde tiemie
10 ml lemoenskil fyn gerasper
1 groot ui fyngekap
5 ml swart peper
3 ‘Bay leaves’
5 ml gedroogde ‘Dragon’

Meng al die bestanddele van die Marinade en gooi oor die hoender en laat staan vir 6 – 8 ure.
Maak die pot goed warm en braai die hoender, ‘n paar stukke op ‘n slag, saam met die (Green peper) soetrissie tot goudbruin.

Pak dan in lae – Wortels, aartappels, appelkose, boontjies, en sampioene dit moet alles bo-op die vleis gepak word.

Gooi sout oor en giet dan die marinade oor.
Maak toe en los die pot om te prut vir 2 ure. As daar nog te veel sous in die pot is, voeg die soppoeier by en laat vir ‘n verdere 15 min prut.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 673 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *