Koffie tert

Bestanddele
4 eiers
1 1/2 kop meel
1/2 t sout
1 t koffiepoeier
4 e water
4 e melk
1 kop suiker
2 e botter
2 t bakpoeier
1 t vanilla essence

Metode
Klits eiers, suiker saam tot lig geel.  Smelt botter en voeg water, melk en geursel by.  Sif meel en koffiepoeier saam en meng met eiermengsel.  Strooi bakpoeier by en meng als goed saam.  Bak in matige oond van 180o vir 20 min.

Stroop
1 t vanilla essence
12 e suiker
3 e brandewyn
1 1/2 kop water
2 e gelyk vol koffie

Metode

Meng en kook saam, gooi stadig oor beslag.  Steek tert met vurk en gooi stroop oor en laat afkoel.
Smeer gekookte kondensmelk oor die koek.  Meng 1 pak butterscotch kitspoeding met 1 kop melk.  Laat stol in yskas.  Klits 500ml room en poeding tot styf.  Smeer oor terte en versier met ‘n gebreekte flake en kersies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,779 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *