KORINGSLAAI

Ingestuur deur Lorreine

2koppies koring
2kaneelstokkies
5ml koljander
5ml sout
gherkins
pitlose rosyntjies (125ml)
halwe blik perskes(nie stroop nie)
1 tamatie
1 ui
halwe greenpepper
koppie pynappel stukkies
SOUS
Mayonaise, 5ml mostert, halwe teelepel paprika,5ml suiker en sout en peper na smaak

METODE
Kook koring,  kaneel stokkies , koljander en sout saam vir 30 min, koring neem taamlik lank om gaar te word, wanneer gaar haal af en spoel in vergieter onder koue kraan maar moet nie stoom nie.
Plaas koring in opdien bak.
Sny so 3 groot gherkins klein op en ui, tamatie greenpepper ,perskes en pynappel en voeg by koring. Voeg nou rosyntjies en sous by en roer deur.
Hierdie slaai is genoeg vir 8 mense.

 

 

Source: www.liplekker.co.za

Facebook:  www.facebook.com/ResepteRecipes

Blogger:  eposvriende.blogspot.com

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,439 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *