Matt 18V24

Donderdag 23 Feb.2017 Tema: Om te vergewe en vergeet 4
**** My eie woorde
****Om te vergewe en vry te spreek is nie maklik nie, dis net soos
aanvaarding… die HERE moet jou help daarmee as jy bereid is om
te erken en dit vir Hom te gee, en tweedens dit neem tyd.

Matt 18V24 En toe hy begin afreken, word daar een na hom
gebring wat tien duisend talente skuldig was.
25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy
verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en
dat betaal moet word.
26 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer,
wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
27 En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom
gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God,
1 Joh. 1V8 ¶ As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons
onsself en die waarheid is nie in ons nie.

****Ons staan almal voor die Here skuldig soos hierdie man .Maar
dan sien ons God se groot genade as Hy ons innig jammer
kry wanneer ons opreg voor Hom kom bely en regmaak. My vraag
is, maak ons dan soos hierdie dienskneg as ander weer met ons
kom regmaak? Spreek ons dalk vry met ons mond maar hou ons
aan om dit teen die persoon te hou. Onthou wanneer ons bitterheid
plant bring dit slegte vrugte voort.

Matt 18V28 Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy
medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het
hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
29 Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom
en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
30 En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis
gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
31 En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle
baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel
alles wat gebeur het.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 23 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Herman Nieuwoudt 23 Feb.
Tunis Garoes 23 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *