Matt 4:1

Woensdag 15 Februarie 2017 Tema: As versoeking toeslaan 3
**** My eie woorde
**** In vandag se gedeelte sien ons die Satan se manier van werk.
Hy val jou juis aan wanneer jy op jou swakste is en dan bied hy vir
jou iets aan, om daardie swakheid reg te maak. Jesus het vir 40
dae en nagte gevas. Nou is sy grootste behoefte kos. Stel jou voor
in hierdie toestand kom die Satan soos ’n engel van die lig en sê vir
Hom, kyk daardie blink klippe …dit lyk soos warm vars gebakte
brode …. “As U die Seun van God i”s …… Jy sien Satan het gesien
Jesus is gedoop en hy weet van Sy vas en nou wil hy hê Jesus
moet ’n wonderwerk verrig vir Homself om sy eie behoefte te
bevredig. Tog is Sy grootste voeding elke Woord van God .
Kom ons lees meer daaruit.
Matt 4:1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om
versoek te word deur die duiwel. V2 En nadat Hy veertig dae en
veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
V3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun
van God is, sê dat hierdie klippe brode word. V4 Maar Hy antwoord
en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe
nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Nandi Maré 15 Feb
Janice Mathys 15 Feb. Namibie
Veronica Barkhuizen 15 Feb.
Susan du Preez 15 Feb
Daleen Taute 15 Feb
Helena Naude 15 Feb.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *