Miljoeners Brosrood

  1. 250g sagte botter of margarien
  2. 5ml vanielje geursel
  3. 100ml suiker
  4. 800ml koekmeelblom
  5. 125g amandels,
  6. gekap 1 eiergeel
  7. 25ml brandewyn
  8. versiersuiker

 

Voorverhit die oond tot 160C en voer 2 bakplate uit met bakpapier.

Verroom die botter of margarien en suiker goed saam tot lig en romerig.

Klits die eiergeel, brandewyn en vanielje geursel by.

Voeg die meel en amandels by en knie tot ‘n sagte deeg.

Rol in bolletjies, druk effens plat en pak op bakplate.

Bak 30 minute tot gaar, maar steeds lig van kleur.

Pak warm in ‘n bak met versiersuiker en laat dit so afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 303 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *