Ps 66:19

Donderdag 2 Februarie 2017 Tema: Jy sal hierdeur kom…4
**** My eie woorde
**** Ons het gister gesien daar is ’n wagtyd . Die wag is niks maar
dit wat tydens die wag gebeur is nie maklik nie. Dis dae waar jy
wil opgee. Dis dae waar jy wonder of die HERE dan gehoor het,
of Hy jou dan nie dalk vergeet het nie. Daar is dae waar jy voel
niks kom dan reg nie en alles val uitmekaar. Wanneer jy dan bid
voel dit vir jou jy wil liewer opgee ……my woord vir jou is dit
vandag, dis nie die ouens wat wen wat tel nie hulle kry hulle loon
maar dis die ouens wat klaarmaak wanneer hulle gevoel het hulle
wil sommer bly lê. Dis die een wat val en bly opstaan tot by die
wenpaal dis die een wat die Satan ‘’n kishou slaan deur die bloed
van Jesus Christus en geloof in Hom. Ek sê weer vir jou jy SAL
hierdeur kom. Maak vandag Hiskia se boodskap ook jou
boodskap van die HERE af.

Ps 66:19 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem
van my gebed.
Jes 38:5 Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van
jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk,
Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Februarie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Hendrik Laubscher 2 Feb
Rheina de Ruijter 2 Feb
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 141 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *