1 Petrus 1V19

Maandag 13 Maart.2017 Tema: Krag in die Bloed 1
**** My eie woorde
**** Wat beteken die bloed van Jesus vir jou. Hoe kan jy en ek
regtig verlossing daardeur ervaar? In die ou Testamentiese tyd sou
ons elkeen ‘n lammetjie volgens die spesifieke voorskrifte moes
offer, maar die voorreg is dat ek en jy vandag net op ons knieë
kan gaan. So wat maak ons beter as hulle of andersom. Daar is
geen verskil nie. Hulle is vrygekoop deur geloof in die Lam wat
sou kom ons is vrygekoop deur geloof in die Lam wat gekom
het. Dus word ons almal gered deur te GLO in Jesus Christus die
Lam van God . Wat ‘n wonderlike wete om daardie sekerheid te hê
1 Petrus 1V19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare
bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder
liggaamsgebrek is. V20 Reeds voor die skepping van die wêreld
is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in
hierdie eindtyd gekom. V21 Deur Hom glo julle in God wat
Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het.
Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Christine Pretorius 13 Mrt
Rinalette Basson 13 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *