Ex 14:14

Dinsdag 28 Maart.2017 Tema: Wees stil 2
**** My eie woorde:
**** So dikwels ervaar ons dat ons net nie die krag het om aan te
gaan nie. Jy hoor die nuus en dis net moord, roof en onsekerheid .
Daarmee saam is jy deel van die dolle gejaag. Almal soek na
antwoorde en oplossings. Ek het verlede week die verhaal van
Corrie Ten Boom gelees. Dit het my opnuut laat besef hoeveel ons
het om voor dankbaar te wees. Waarlik kan ek en jy stil word en
dankie sê. Al wat hulle in die oorlog jare deurgedra het, was
daardie stil word en vashou aan die HERE . Daardie storm
waardeur jy vandag gaan, word net stil en gee dit vir Christus.
Weet verseker vandag, jou hulp en jou krag lê juis daarin.
Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In
terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle
krag; maar julle wou nie
Ex 14:14 Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 28 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *