1 Kon. 19 V11

Baie dankie vir JOU bydra tot hierdie bediening,
mag jou oes groot wees in die hiernamaals.
Woensdag 29 Maart 2017 Tema: Wees stil 3
**** My eie woorde
**** Vanoggend se gedeelte maak my opnuut bewus van God se
sagte teerheid, ten spyte van Sy grootheid en Almag. Hy verras vir
Elia daarmee, juis wanneer Elia Hom in die rukwind, in die
aardbewing en in die vuur soek. Israel vanouds het dieselfde fout
begaan. Hulle het gewag vir hierdie Verlosser wat met magsvertoon
hulle van die Romeinse juk sou kom verlig. Waar vind Elia die
HERE? “ ‘n fluistering in die windstilte” Toe die HERE vir Elia ’n
vraag vra kom sy antwoord : “ Ek het my met hart en siel gewy aan
U saak..” Kan ek en jy dit met vrymoedigheid vandag antwoord ?
1 Kon. 19 V11 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan
staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.”
Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk
en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die
Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die
aardbewing was die Here nie. V12 Na die aardbewing was daar
‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was
daar ‘n fluistering in die windstilte. V13 Toe Elia dit hoor, het
hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot
gaan staan. Toe hoor hy ‘n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy
hier, Elia?” V14 Hy het geantwoord: “Ek het my met hart en siel
gewy aan u saak, Here, Almagtige God
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 29 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Marianne v d Westhuizen 29 Mrt
Brenda Kiewiets 29 Mrt
Brenden Eloff 29 Mrt
Ina v Tonder 29 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *