Appel Slaai met suur sous of gekookte slaai sous

Appel slaai
½ k Neute

½ k Slaaisous

1 k Seldery

1 k Appels

1 k Rosyne

 Meng die bestanddele en geniet!

Suursous

 1 Eier, geklits

25 ml Suiker

2 ml Sout

3 ml Droë mosterd

50 ml Asyn

25 ml Water

Metode

Meng al die bestanddele. Roer en verhit oor kookwater totdat die

mengsel verdik en die eier gaar is. Oorverhitting sal dit laat skif.

Gekookte Slaaisous

 Tikkie rooipeper

200 ml Melk

1 Eier, geklits

50 ml Asyn

25 ml Botter of margarien

25 ml Meelblom

5 ml Sout

5 ml Droë mosterd

10-15 ml Suiker

Metode

Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die droë bestanddele by.

Gooi die melk by en roer aan-houdend totdat di mengsel glad is.

Kook on-geveer 3 minute lank tot gaar is. Roer ‘n bietjie van die

kokende mengsel by die eier, en gooi in die kastrol. Roer en bring

net tot kookpunt. Haal van die stoof af en roer asyn by.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 767 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *