Appelasyn: Gebruike vir

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Appelasyn word beskryf as ‘n wonder middel en baie mense glo dat appel asyn omtrent enige kwaal of skeet kan gesond maak. Ek staan nie skepties teenoor die wondere toegedig aan appelasyn nie, aangesien dit ‘n natuurlike produk is glo ek nie dat dit skade sal aanrig nie.

An Apple a day keeps the Dr away. Hierdie ouvrou storie word baie keer deur ons moderne mens afgelag. Maar soos die wetenskap vorder hoe meer bewys die wetenskap dat die gesegde waar is, want in appels is daar nie minder as 10 elemente. Daar is ook ‘n hordes spoor elemente teenwoordig in appels. Wanneer appelasyn gemaak word dan gaan al die goedheid van die appels in die appelasyn in.

Sommer so aan die begin van my navorsing het ek al agtergekom dat hulle sê dat appelasyn ‘n baie goeie detox middel is. Dit sorg dat sekere organe soos die lewer, niere en blaas gesond bly. Dit oksideer ook die bloed wat dan lei tot dunner bloed en ‘n laer risiko tot hartkwale.

Daar is ook ‘n studie gedoen met ‘n groep mense waarvan die een helfte appelasyn saam met water voor hulle ete gedrink het en die nader helfte het net aangesit. Dieselfde ryk maaltyd is aan die mense voortgesit. Die mense wat die appelasyn gedrink het, was glad nie ongesteld nie. Dia ander mense daarteen het diarree gehad en het nie wel gevoel nie.

Aangesien appelasyn so ryk is potassium help dit om die gebreke wat dit veroorsaak reg te maak soos bv. tandbederf en gesplete vingernaels. Appelasyn help ook van oorgewig tot artritis. Die beste manier om jou gesin gewoond te maak aan appelasyn is om dit gebruik in plaas van gewone asyn. Appelasyn saam met heuning is ook ‘n baie goeie plaasvervanger vir koffie en tee. Dit is ‘n besliste moet vir elke gesondheidsbewuste.

Die appelasyn sal slegs die gewenste uitwerking hê as dit gereeld gebruik word.

Persoonlik kan ek net vertel van my eie ondervinding met appelasyn. In die oggende wanneer ek opstaan uit die bed uit, het my een knie so gekraak dit het amper geklink asof ek op my laaste was. Nadat ek seker so ‘n week appelasyn in die oggende gedrink het is die gekraak weg. Daar is nog soveel wonderlike dinge wat ek graag oor appelasyn wil sê maar die spasie is beperk, so volgende keer skryf ek meer van die natuur se eie wonder produk.

Onthou net dat siektes baie oorsake het en as jy appelasyn gebruik en dinge word nog nie beter nie binne ‘n paar dae nie, gaan spreek eerder jou geneesheer. Onthou ook net dat ons hier met natuurlike produkte te doen het, en dat dit miskien ‘n rukkie langer sal neem om te werk.

Artritis
Gooi twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in ‘n glas water (lou water), roer en drink drie keer per dag. Verder kan mens die aangetaste dele ook daagliks smeer met appelasyn.

Asma
Een teelepel appelasyn moet in ‘n glas water gegooi word. Die water moet dan drupsgewys vir die volgende halfuur gedrink word. Na ‘n verloop van ‘n vêrdere halfuur moet weer ‘n glas appelasyn water gedrink word. Hierdie sal ek net aanbeveel in ‘n noodgeval wanneer medikasie nie beskikbaar is nie.

Bloedverlies
Wanneer jou neus sonder enige rede begin bloei of jy bloei redelik lank as jy jouself gesny het kan dit beteken dat jou bloed se natuurlike stollings middel moet so ‘n bietjie opgebou word. Neem twee teelepels appelasyn in ‘n glas water drie keer per dag.

Diarree
Neem twee glase water met een teelepel appelasyn daarin voor en na elke ete.

Duiseligheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning drie maal per dag. Binnekort sal jy sommer weer perdfris wees.

Hoes buie
Hoes buie kan deur baie dinge veroorsaak word. Maar as dit net sommer ‘n irriterende hoes is neem twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in lou water drie keer per dag voor etes of wanneer die hoesbui begin. Hou gerus so ‘n glas muti langs die bed ingeval jy in die nag begin hoes.

Hooikoors
Sowat twee weke voordat die hooikoors seisoen begin moet jy een teelepel heuning neem na elke maal. Daarna moet jy drie keer per dag na ete ‘n teelepel heuning saam met een teelepel appelasyn in ‘n glas lou water neem.

Haar verlies
Neem een teelepel appelasyn in ‘n glas water, saam of net na etes. Binne twee maande sal die haar verlies sy moses teëkom.

Moegheid en slaaploosheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning sowat 1 uur voor jy gaan slaap. Voor jy jou oë uitvee is jy aan die slaap. Indien jy na ‘n uur nog wakker is moet jy weer die dosis herhaal.

(Visited 1,261 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui