Jesaja 49:15

Vrydag 10 Maart 2017 Tema: Hy gee om 5
**** My eie woorde
**** Daar is een ding wat ek in my lewe geleer het. God doen nie
halwe werk nie. Ons hoor van vroue wat hulle kinders op ’n ashoop
weggooi of in ’n toilet probeer afspoel, ek noem hulle nie Mammas
nie, want ’n Mamma kan dit nie doen nie. Dan kom herinner Jesaja
ons, al sou ‘n vrou dit doen, vergeet God ons nooit. Verder hierdie
belofte wanneer Hy jou sonde vergewe het, maak Hy heeltemal
skoon van ALLE ongeregtigheid. Alles van jou verlede in jou
bloedlyn of DNA. So moenie toelaat dat Satan die hele tyd daar
doer gaan krap en op jou stoep kom neersit nie. Weet julle ons as
mense gee goed ‘n naam of ‘n etiket (label) So Satan hou my
lekker besig met my sonde . Fokus op Christus kyk na Hom en jy
sal verander. Gaan lees hoe Hy mense hanteer het hoë Hy
omgegee het en nog omgee en hou daaraan vas. Ja, maar die
woord s dan tot in die 4 de geslag …. maar ons lees nie klaar nie .
Jesaja 49:15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie
ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou
vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Miga 7:19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede
vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig
om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te
reinig.
Exo 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie;
want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van
die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde
geslag van die wat My haat;
Deut 5:10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat
My liefhet en my gebooie onderhou.
GETUIENISSE en TERUGVOER
SM getuig:
Ek is ‘n enkelouer. Een oggend is ons baie laat en is reeds by die
deur uit. My seuntjie sê “Mamma ons het nie gebid nie” Ek is
ongeduldig en sê vir hom ons is laat, maar dan praat die Heilige
Gees met my, ek sluit weer oop en ons gaan bid, daarna ry ons.
Toe ons by ‘n seker plek kom het daar ‘n massiewe ongeluk gebeur
en weet ek as ons nie omgedraai het om te gaan bid nie, was ons in
daardie ongeluk. Dit het my laat besef dat die HERE soms ons
kinders moet gebruik om ons ‘n les te kom leer.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10,11 & 12 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Amor Joubert 10 Mrt
Hennie de Bruin 10 Mrt
Annatjie Harmse 10 Mrt
Sureta Heyns 10 Mrt
Sylvia Boys 10 Mrt
Talana v d Westhuizen 10 Mrt
Zelda du Plessis 11 Mrt
Leani Viviers11 Mrt
Johanna Kruger 11 Maart
Cobie Hattingh 11 Mrt.
Rose Visser 12 Mrt
Karen Oosthuizen 12 Mrt
Piet le Roux 12 Mrt
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 67 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *