Kol 1: V19

Dinsdag 14 Maart.2017 Tema: Krag in die bloed 2
**** My eie woorde:
Gister het ons gesien ons word gered deur geloof in die bloed
van die Lam. Die volgende gedagte is dat die bloed van Sy Seun vir
ons versoening bewerkstellig. Sonde kan nie in die Heilige
teenwoordigheid van God kom nie. Daarom wanneer die Vader
deur Sy Seun se bloed na ons kyk , is ons rein asof ons nog nooit
gesondig het nie. Hy sien Sy karakter en heiligheid in my en jou
plek. Wat ’n genade voorreg is dit nie. Dis amper te groot om te
begryp. Tog is daar ‘n waarskuwing by….dat ons vas en sterk in die
geloof moet staan .
Kol 1: V19 God het besluit om met sy volle wese in Hom te
woon V20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur
die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel,
deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met
Homself versoen. V21 Ook julle was voorheen ver van God af
en vyandig gesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige
lewenswyse. V22 Maar nou het Hy ook julle met Homself
versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig,
sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. V23 Maar dan
moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat
losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat
julle gehoor het nie….
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag.
Valerie Nel 14 Mrt
Mirie Snyman 14 Mrt
Thea Gouws 14 Mrt
Elizabeth Rathbone 14 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *