Luk 7 V 12

Woensdag 8 Maart 2017 Tema: Hy gee om 3
**** My eie woorde
**** ’n Mens kan nie ander mense om die bos lei deur te maak of jy
omgee nie. Omdat dit iets is wat uit jou binneste kom, kan ander
dadelik ervaar wanneer iemand vals is. In vanoggend se gedeelte
sien ‘n mens daardie intense saamvoel en omgee van Jesus. Dit is
nie simpatie nie dis empatie. ‘n Weduwee het net een seun gehad
en hy is nou dood. Jesus sien haar en haar trane aan en Hy kry
haar innig jammer … en dan troos Hy haar en sê, moenie huil nie
… en ‘n paar oomblikke later is haar kind weer lewendig. So gee
HY vandag regtig vir my en jou ook om. Ek glo dat as hy vandag
hier op aarde was sou Hy ook dit vir my en jou sê… moenie huil nie
… Ek verstaan Ek gee om.
Wat van my en jou…gee ons vir ander om, of leef ons in ons eie
wêreldjie. Die probleem is net dit, ek en jy kan nie regtig omgee vir
ander as die HERE nie ons harte verander het nie. Kom ons vra
Hom om ons vandag daardie egte omgee mense te maak
Luk 7 V 12 En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar
net ‘n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was ‘n
weduwee; en ‘n groot menigte van die stad was by haar.
13 En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel
en vir haar gesê: Moenie ween nie!
Matt 25:40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar
Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die
geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My
gedoen.
Eseg.36:26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul
binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en
julle ‘n hart van vlees gee.
GETUIENISSE en TERUGVOER
H.E. getuig:
Hierdie boodskap is verseker vir my bedoel vanoggend…dis nou
meer as n jaar wat ek deur baie diepe waters gegaan het
aanhoudend.
En vir so lank kon ek dit glad nie verstaan nie, maar stadigaan
begin ek sien die pad wat die Here met my geloop het en wat Hy
my geleer het en hoe Hy eintlik heeltyd in beheer was en my
bygestaan het. Toe ek moed opgegee het, letterlik, het Hy my terug
gebring en my gewys dat ek nog n doel op aarde het (Verkort)
“Soms gebeur dinge met ons wat ons so graag anders sou wou hê,
maar nogtans is dit juis dié pad wat die HERE bepaal het om ons te
suiwer en te reinig vir Sy Koninkryk”
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Van Heeres 8 Mrt
Annie Keib 8 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *