Matt 8:26

Vrydag 31 Maart 2017 Tema: Wees stil 5
**** My eie woorde
**** Verbeel jou ‘n oomblik ‘n geweldige stormwind op die see met
branders wat druis met geweld … en dan bring Jesus stilte, maar dit
sê “ groot stilte” Wanneer die sewende seël oopgemaak word kom
daar stilte in die hemel … dink daaroor na, waar daar miljoene
engele in diens van God staan waar die Troonkamer is met die 24
ouderlinge en die 4 lewende wesens waar hulle gedurig sê Heilig
Heilig Heilig … dit word alles stil . Dis ook die oomblik waar die
heelal sal WEET HY is God Verlosser Koning Saligmaker Jehovah
Immanuel .Mag ek en jy ook in hierdie tyd van storms en onrus stil
word voor Hom terwyl politieke storms woed en Satan probeer om
mense te verwoes, mag ons die stilte van Sy teenwoordigheid
ervaar .
Matt 8:26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges?
Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n
groot stilte gekom.
Open 8:1 En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar
stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.
Jes.45:23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n
woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig,
by My elke tong sal sweer.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 31 Mrt & 1 – 2 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Liezel Rathbone 31 Mrt.
Annalie de Beer 1 Apr.
Driekie Potgieter 1 Apr.
Cathy Koopman 2 Apr.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *