Matt 9 :36

Baie dankie vir JOU bydra tot hierdie bediening,
mag jou oes groot wees in die hiernamaals.

Donderdag 30 Maart 2017 Tema: Wees stil 4
**** My eie woorde
**** Onthou jy as kind wanneer jy huil-huil by jou Ma aankom, dan
troos sy jou en sê: “ Moenie huil nie, dis nie so erg nie” Net die feit
dat sy daar is laat jou al beter voel. Dit maak nie saak hoe jou Ma
was of is nie, jou Ma bly jou Ma. Vanoggend se teks is vir my so ’n
toonbeeld van liefde en omgee van ons Hemelse Vader
Jer 31 V16 So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie, moenie trane
in jou oë hê nie! Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word,
sê die Here, ….
Matt 9 :36 Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer
gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n
wagter het nie.
****Word stil vanoggend en oordink sulke liefde sulke omgee van
die Lewende God…weet jy hoekom? Omdat jy, ….net jy, vir Hom
so spesiaal is, en al was jy die enigste een , sou hy nog aan die
kruis kom sterf het in jou plek. Dis darem so ‘’n kosbare wete dat al
verstaan niemand jou pyn en swaar en hartseer nie, Hy verstaan .
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Jeanne-Mari Gauldie 30 Mrt
Wilma Strydom 30 Mrt
Christell Augustyn 30 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *