Mieliemeel mielie brood

 

 

 

 

 

 

 

500ml mieliemeel
5ml sout
5ml koeksoda
5ml bakpoeier
15ml suiker
125ml vars, geblikte of bevrore pitmielies
125ml gerasperde Cheddarkaas
125ml groen, rooi of geel soetrissieblokkies (opsioneel)
500ml karringmelk
50ml botter, gesmelt
2 eiers
’n bietjie water indien nodig

Smeer ’n middelslag of twee kleiner broodpannetjies kwistig met botter en voorverhit die oond tot 180C.
Meng al die droë bestanddele.
Roer die karringmelk, botter en eiers by.
Indien die mengsel te dik is om maklik te roer, spoel die karringmelkhouer uit met ’n bietjie water en roer dit by.
Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk, maar maak ’n effense holte in die middel om toe te laat vir rys.
Bak dit ongeveer 45 minute vir die groot brood of 35 minute vir die kleiner broodjies tot goudbruin en deurgaar.
(Uit Anna Eksteen se nuusbrief)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,559 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Mieliemeel mielie brood”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *