Open 17:6

Donderdag 16 Maart 2017 Tema: Krag in die Bloed 4
**** My eie woorde
**** Ons is almal gaande oor die bloed wat tans in ons land vloei,
maar wanneer ‘n godsdienstige sisteem die bloed van God se
kinders neem soos in die donker eeue gaan dit nie ongemerk by
God verby nie .
Open 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die
heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het
my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Open 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar
gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
Open 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het
die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf
het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
**** So hieruit sien ons dat ons as Sy kinders nie gevrywaar word
nie, maar Hy sal uiteindelik seëvier.
Open.21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal
geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal
daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
V5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut.
En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en
betroubaar.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Aurora Marais 16 Mrt
Sanet v As 16 Mrt
Hildégard Appolis 16 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *