Ps 103:13

Donderdag 9 Maart 2017 Tema: Hy gee om 4
**** My eie woorde
**** Daar is baie mense vandag wat miskien nie die woorde kan
verstaan nie. Daar is Pappas wat hulle kinders misbruik, mishandel
of self ongered is. So wanneer so ‘n persoon die onderstaande teks
lees maak dit amper nie sin nie. Nogtans verwys hierdie teks juis na
‘n Pa wat ’n ware man en priester van sy huis is. Dis hoe ons
hemelse Vader is. Wanneer ons reageer op Sy liefde en Hom dien
dan is ons kosbaar vir Hom . Wanneer ons weghardloop van Hom
af, dring Hy ons met Sy liefde en op maniere ongekend om ons te
red.
Ps 103:13 Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm
die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
Sag 2:8 Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my
gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit
het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
Luk. 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en
te red wat verlore was.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Alta Rossouw 9 Mrt
Louise Geyer 9 Mrt
Butch Dupper 9 Mrt
Erika Malan 9 Mrt
Christa Phillander 9 Mrt
Kiana Wessels 9 Mrt.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *