Psalms 46 V2

Vrydag 24 Maart 2017 Tema: Kort gedagtes vir die week 5
**** My eie woorde
****Soek jy vandag na iemand wat na jou sal luister? Iemand wat
jou besondere probleem sal verstaan sonder om te kritiseer. Voel jy
asof alles om jou in duie wil stort, juis omdat alles wat jy aanpak net
nie werk nie? Jy voel soos daardie weggooi hond wat in asblikke na
krummels moet soek om te bly leef. Onthou altyd Jesus het juis
daarvoor as mens na die wêreld gekom, om vir ons te wys dat Hy as
God volkome mens geword het en tussen ons kom woon het, sodat
ons weet Hy het ons waarlik lief.
Geseënde naweek vir julle almal
Psalms 46 V2 God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was
nog altyd bereid om te help in nood.
**** Het jy Hom opreg gevra ? Geen opregte gebed wys Hy weg
nie.
Jes. 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is,
roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
Johannes 3 : 17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om
die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom
gered kan word.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 24, 25 & 26 Maart 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Gert Jacobs 24 Maart
Madelein Cloete 24 Mrt
Esmé Oosthuisen 24 Mrt
Evelyn Saunders 24 Mrt
Bendella Riddles 24 Mrt.
Magda Mynhardt 25 Mrt.
Chene Crause – 25 Mrt.
Donel Williams 25 Mrt.
Ryno de Bruyn 25 Mrt.
Marinda Nel 26 Mrt
Elizabeth Benz 26 Mrt.
Cathleen Beukes 26 Mrt
Franciné Kotzé 26 Mrt
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *