WortelRing Koek

500ml Suiker
4 Eiers
10ml Vanilla
250ml sonneblom olie
50ml Suurlemoen sap
Klits suiker, eiers en Vanilla tot lig.
Voeg suurlemoen sap by en klits goed.
Voeg olie by en klits goed deur.

Sif saam:
2,5 koppies koekmeel
10ml Koeksoda
10ml kaneel
5ml  sout

Meng saam:
3 Koppies grof gerasperde worltes.
1/2K neute (opsioneel)
1.2K korinte of rosyne (opsioneel)

Meng die eiers mengsel saam met die droë bestandele.
Voeg laastens die neute en wortels by.
Indien die mengsel te styf is, kan nog n bietjie melk bygevoeg word.
Gooi in 2 gesmeer ring panne.
Bak by 170C vir 40 – 45 min of tot toetspen skoon uitkom.

Keer uit en laat heeltemal koud word.

Versiering:

Versiering 1: meng 125ml suurlemoensap met n blink kondensmelk en gooi oor koek

Versiering 2: Natuurlik die lekkerder opsie.
100G botter of margarien.
1 1/2k versiersuiker
5ml vanilla
100ml maaskaas (of room, maar verkieslik maaskaas)
Verroom botter en versiersuiker.
Voeg vanilla en maaskaas by.
Meng goed.
Smeer oor koek.
Besprinkel met fyn gebreekte neute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 365 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *