1 Pet. 5V7

Mense ek stuur dagstukkies uit tot Vrydag en neem dan bietjie
verlof tot na die Paasnaweek
Woensdag 5 April 2017 Tema: Wanneer twyfel toeslaan 3
**** My eie woorde
**** Ons kry vanoggend die wyse woorde wat ons almal goed ken.
Werp al jou bekommernis op die HERE, maar dan die belangrike
deel wat ons so maklik mis lees “Wees nugter en waaksaam”
…Waarom moet ons dan so waak . Omdat die duiwel daarop uit is
om ons te verslind. Onthou een ding. Dieselfde Jesus wat blindes
se oë geopen het en melaatses genees het, dieselfde Jesus wat ’n
skare gevoed het met twee vissies en 5 broodjies, dis daardie
selfde Jesus wat ek en jy aanroep in gebed. Daarom dan die laaste
deel in die teksgedeelte “ standvastig in die geloof” Die verskil is,
toe Jesus hier op die aarde was, was Hy volkome mense en het
gedoen wat Sy Vader Hom gesê het om te doen. Vandag is Hy in
die hemel en het gaan sit aan die regterkant van die Vader. Wat ‘n
voorreg om Hom te aanbid.
1 Pet. 5V7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir
julle. 8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die
duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan
verslind.9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof,
omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle
broederskap wat in die wêreld is.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en
die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Maleagi 3:6
Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van
Jakob, is nie verteer nie.
Hebreërs 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *