2 Sam 24V13

Maandag 24 April.2017 Tema: Genade 1
**** My eie woorde
****Genade…dit beteken onverdiende guns. Dus jy is dit nie
werd nie, jy het dit nie verdien of iets daarvoor gedoen nie die
persoon is eintlik niks aan jou verskuldig nie, maar die persoon gee
dit verniet, gratis sonder vrae aan jou. So het God deur die eeue al
dikwels genade aan die mensdom betoon. Die Here gee deur Gad,
drie opsies aan Dawid. Dawid weet hy het verkeerd gedoen. Dan
antwoord Dawid dat hy hom liewer op die Here se genade sal
beroep.
2 Sam 24V13 Gad het toe vir Dawid die boodskap gebring: “Wat wil
jy liewer hê? Sewe jaar hongersnood in jou land, of drie maande
waarin jy voor jou teenstanders vlug en hulle jou agtervolg, of drie
dae lank pes in jou land? Oorweeg nou goed hoe ek Hom wat my
gestuur het, moet antwoord.” V14 Dawid het vir Gad geantwoord:
“Ek is in ‘n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val,
want sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van ‘n mens val nie.”
**** Miskien voel jy ook soos Dawid vanmôre. Die lewe lê soos ‘’n
berg voor jou en agter jou sien jy net hoe dinge in jou lewe
uitmekaargeval het. Jy staan skuldig voor die HERE oor so baie
dinge en jy wonder of Hy regtig kan help ….maar dan kom jy
vanoggend en staan voor Hom met bak hande en sê soos Dawid
…skenk my U genade . Jy hoef niks te doen nie behalwe om na
Hom te gaan
Matt 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek
sal julle rus gee.
Matt 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek
sal julle rus gee.(NV)
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 24 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 53 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *