BOEUF  EN  DAUBE  (6 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 kg beenlose beesdikrib (in blokkies gesny),
4 uie (in ringe gesny),
2 wortels (geskil, in ringe gesny),
2 knoffelhuisies (gekneus),
1 lourierblaar,
5 ml roosmaryn,
30 ml pieterselie (gekap),
2 heel kruinaeltjies,
5 ml sout,
varsgemaalde swartpeper,
skil van halwe suurlemoen, gerasper,
15 ml wynasyn,
500 ml droe rooiwyn,
2 repe ongerookte spekvleis,
30 ml koekmeel.

Metode
Berei marinade.  Meng 2 uie en al die ander bestanddele behalwe vleis, spekvleis en koekmeel.  Plaas vleis in glas- of erdebak en giet marinade oor.  Marineer 2 uur lank in yskas.  Haal vleis uit marinade en dreineer.  Sny spek in stukkies en braai in swaarboomkastrol tot bros.  Voeg vleis by en braai tot bruin.  Voeg res van uie by en soteer tot glansend.  Roer meel,by vleis.  Verhit marinade en voeg by vleis.  Laat nog 1 uur lank prut.  Sit voor saam met gesoteerde aartappels, ertjies met botter en jong worteltjies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 166 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *