Eksodus 23:2

Donderdag 6 April 2017 Tema: Wanneer twyfel toeslaan 4
**** My eie woorde
**** So dikwels sê mense …ag glo net, jy moet net glo…
wel die duiwels glo ook en hulle sidder. Wanneer ons die Woord
lees dan sê dit “Elkeen wat in HOM glo”. Verder is misleiding seker
een van die vreeslikste goed wat met ‘n mens kan gebeur, omdat jy
vas oortuig is, dat dit wat jy weet, en het, en glo, is waar. Hoe sal ek
en jy WEET of ons nie mislei is nie? Wat van die toets wat almal
gebruik…hulle sê kom ons stem…en die meeste stemme aanvaar
ons. Sê vir my hoeveel op die aarde het gestem dat Jesus moes
sterf, en hoeveel nie… ‘n handjie vol. Die ander toets is…wat doen
die meerderheid….. tog sê die woord die meerderheid kan verkeerd
wees om die reg te verdraai. In die donker eeue was Martin Luther
as ’n ketter verklaar omdat hy nie langer in ’n werke godsdiens wou
glo en agter die meerderheid aangaan nie.
Eksodus 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge
nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die
meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
Rom 10:11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie
beskaam word nie.
Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want
hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe
en voortgesweep word.
**** Toe Thomas getwyfel het kyk wat roep hy uit …
Joh 20:28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my
God! V29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het
jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Marthie Coetzee 6 Apr
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com
ng>

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *