Filippense 4:13

MOEG EN MOEDELOOS.

Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Voel jy ook soms afgemat, asof almal van jou verwag om alles te doen? Jy kan nie by alles uitkom nie, die lewe is een dolle gejaag na niks. Voor jy jou oë uitvee, is nog ‘n jaar verby. Dan besef jy ewe skielik die gejaag na wind maak dat jy so min tyd saam met jou geliefdes deurbring. 

Ek het een oggend met ‘n skok besef dat ek verantwoordelik is vir my dade. Jaag gaan ek bly jaag, die lewe verwag dit vir my. Daar is een verskil. As ek vanmiddag van die werk huistoe gaan, is dit my gesin se tyd. Al eet ons eers laat die aand, wat maak dit saak, ons gaan tog nog steeds eet.

Die heel eerste ding wat ek in die oggend doen, is om met die Here te gesels. Ek vra Hom vir krag, Hy help my deur die dag. As daar iewers deur die dag iets aakligs met my gebeur en ek voel ek kan nie meer nie, ek gaan nou handdoek ingooi, gaan word ek stil op ‘n plek waar niemand my kan pla nie, of sit voor my rekenaar en ek bid. Hy maak my rustig en stil en gee my die krag om weer op te staan.

Ek weet vandag dat ek tot alles in staat is, solank ek die Here in my hart het. Ek kan berge versit met Hom langs my. Gee net vir Hom jou hand, moenie jy Hom probeer lei nie, laat toe dat die Here jou elke dag lei.

Liewe Vader, baie dankie dat ek weet solank ek U in my lewe het, ek tot alles in staat is deur U wat my die krag gee, in Jesus Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 150 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *