Job 4 3

Dinsdag 4 April.2017 Tema: Wanneer twyfel toeslaan 2
**** My eie woorde:
**** Ons gaan almal een of ander tyd in ons lewens deur ’n krisis.
Wanneer dit ander, mense is, is dit mos so maklik om advies te gee
en bemoedigende woorde te spreek. Dan kom klop daardie goed by
jou adres aan. Hoe reageer ons? Kyk wat sê Job se vriend vir hom,
nogal harde woorde. Gisteraand se aardbewing in Botswana is
blykbaar landwyd gevoel. Ek ervaar presies hoe dit in Noag se tyd
was. Diegene wat sou ingaan het geglo, maar die ander …..dwase
grappe en ligsinnige praatjies. Die ander kon presies verduidelik
hoe dit gebeur in die aardkors. Indien jy in die Woord van God glo
weet net dit is maar ’n ligte trilling van wat eintlik wag. Lees gerus weer Matt 24.
Job 4 3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende
knieë versterk. 5 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore;
nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
Jes. 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In
terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle
krag; ………….maar julle wou nie
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar
in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Michelle Muller 4 April
Willie Kruger 4 Apr.
Belinda Nell 4 Apr.
Jean Angelo 4 Apr.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *