Luk 1:30

Dinsdag 25 April.2017 Tema: Genade 2
**** My eie woorde:
Luk 1:30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want
jy het genade by God gevind.
**** Vandag sê die Here vandag vir JOU wat hier lees moenie
vrees nie ……. , jy het genade by God gevind. Weereens daardie
onverdiende guns, ‘n geskenk uit Sy hand omdat Hy sonde haat
maar die mens, al is hy ’n sondaar SO innig lief het.
2 Kor. 12V9
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag
word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede
roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.10 Daarom het
ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in
benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
**** Wanneer iemand vir jou sê “ As jy swak is, is jy sterk” dan klink
dit mos bietjie deurmekaar. Tog probeer Paulus vir ons sê wanneer
ek en jy op ons eie krag staatmaak is ons eintlik maar swak.
Wanneer ons volkome op die HERE vertrou dan eers sien ons hoe
Sy krag in ons werk Hoe kosbaar sluit dit aan by die getuienis wat
ons vandag kan deel.
GETUIENISSE en TERUGVOER
CP getuig: (Verkort)
‘n Hele ruk terug het ek gebede aangevra vir my seun wat sonder
werk is. Sy baas vir wie hy nou werk het hom by die huis kom haal
(my seun en sy vrou het alles behalwe hulle klere verloor) en gesê
dat hy vir hulle by ‘n myn moet kom werk. Sy begin salaris sou
R8500 wees. Toe hy kontrak teken het hulle hom aangestel vir
R18500. Hulle het hom ook ‘n 2 slaapkamer huis gegee. Môre is hy
‘n week op die myn en was gister by ons om van hulle goed te kom
haal en is baie gelukkig waar hy nou is.
Weereens dankie vir al die gebede. God is nooit laat om enige
gebed te beantwoord nie. Ek en my gesin gee hom alle eer. Dankie
Liewe Jesus.
**** Waarlik is die HERE steeds ’n hoorder van gebed en kan ons
Hom alleen al die eer en dank gee. Baie dankie dat jy bereid is om
jou getuienis met ons te deel.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 April 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Shirley Bester 25 Apr.
Danie v d Lith 25 Apr.
Sharalin 25 Apr.
Marietjie Gerve 25 Apr.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *