1 Kor. 13 V2

Baie dankie vir jou bydrae tot die bediening ! !
Ek het weer bestellings vir Audio Bybelstudie CD’s ontvang.
Nr. 1 tot 13 is beskikbaar . Dis gratis.Ek hoop om Maandag
te pos so stuur vandag nog jou posadres.

Vrydag 5 Mei 2017 Tema: Toetse en Eksamens 5
**** My eie woorde
**** Om eksamen te skryf het jy kennis nodig. Tog is kennis sonder
liefde waardeloos. Verder is ‘n persoon mét kennis sonder liefde
….wel kom ons kyk maar wat sê die Woord oor so ‘n persoon.
Wanneer ons ‘n eksamen slaag ontvang ons ‘n beloning vir ons
harde werk. Weet julle God vra niks verniet van ons nie. Hy beloof
ook ‘n loon veel meer as ‘n Sertifikaat, Diploma of Graad, as ons in
die Skool van die Lewe oorwin
1 Kor. 13 V2
Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al
die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof
om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
Open 22 V12
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met
My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. V13 Ek is die Alfa en
die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
Open 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy
naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam
bely voor my Vader en voor sy engele.
Ps 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is
hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen
van hulle daar was nie.
****Het jy hier bo mooi gelees. Jou naam is REEDS in die boek
van die lewe. God het dit klaar voor die grondlegging van die
wêreld ingeskryf. Deur jou keuses sal Hy moet besluit of dit bly en
of dit uitgehaal moet word. Hy belowe as jy OORWIN sal dit bly.
WONDERLIK!!! Stel jou voor, dat jou onderwyser/lektor vir jou ‘n
diploma in jou naam uitmaak, nog voordat jy die Eksamen geslaag
het. Sjoe!! dis darem vertroue in my is dit nie. Wel dit is wat God
doen. Die ander kant is dan ook waar, dat jy daarsonder nie
toelating in die hemel sal kry nie
Open21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en
gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in
die boek van die lewe van die Lam.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5, 6 & 7 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Hanlie v Zyl 5 Mei
Rentia Boshoff 6 Mei
Joyce Lodewyk 6 Mei
Babs Geldenhuys 6 Mei
Luzaan Combrinck 6 Mei
Theresa Garner 7 Mei
Elmarie van Wyk 7 Mei
Louis v d Watt 8 Mei
Franci Bezuidenhout 8 Mei
Marie Smit 8 Mei
Rina Kotzé 8 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *