1 Pet 3 8

Lente Nagel

Dinsdag 23 Mei 2017 Tema: Jou Tweede myl 2
**** My eie woorde:
**** Wat is jou tweede myl wat jy hierdie week vir die HERE moet
stap? Daar waar jy uit jou pad moet gaan om anders te wees as
die res van die wêreld . Daar waar jy moet wys jy is die sout van die
aarde en die lig vir die wêreld.
1 Pet 3 8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol
broederliefde en ontferming, vriendelik. 9 Vergeld geen kwaad met
kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel,
omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan
beërwe. 10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet
sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen
bedrog spreek nie.11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen
wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
Mark 9:50 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word,
waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en
vrede hou met mekaar.
Spr 15:1 ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n
krenkende woord laat die toorn opkom.
GETUIENISSE en TERUGVOER
JJ getuig
Ons Hemelse Vader is so goed vir ons. Halleluja!! Loof Sy Naam.
Dit was vir my lanklaas nodig om vir iets soos bande vir ons motor
te vra. Ek kry gewoonlik ‘n groot genoeg salaris om in ons
behoeftes te voorsien, Sy 10de vir Vader en dan ook om ander
mee te seën. Hierdie maand het ons motor toe ook aandag nodig in
terme van 2 bande. Daar was nie enige ander manier gewees nie
om maar net op my knieë af te gesak het en vir Vader te vra
daarvoor nie. So praat Hy toe met my daaroor, maar ek verstaan
nie lekker nie. Lang storie kort: 2 dae later het ons meer as wat
nodig is vir 2 bande om so ook weer terug te gee aan Hom wat
ALLES onderhou as ons Hom net toelaat. Is ons Hemelse Vader
dan nie Awesome nie?
Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in
my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die
leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak
en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 23 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Kayleen Basson 23 Mei
Samantha Bouwers 23 Mei
Lindi Botes 23 Mei

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 62 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *