Matt 6V1

Lente Nagel

Goeiemore almal, ek glo ek het nou weer
my adresse bygewerk, indien jy reeds gestaak het, en jy
ontvang die e-pos of dalk dubbel e-pos laat my asb weet.
Indien jy wil oorskakel na WEEKLIKS om een e-pos op ‘n Vrydag
te kry, stuur net WEEKLIKS en ek skakel jou oor.
Woensdag 24 Mei 2017 Tema: Jou Tweede myl 3
**** My eie woorde
****Vanoggend se gedeelte wys ons juis daarop wat die motief van ons
harte is. Wanneer jy gee of goed doen aan ander, doen jy dit omdat jy
regtig omgee of dat ander kan sien en weet hoe goed jy is. Deesdae word
dit op Facebook uitgestal en rondgestuur en diegene word dan as helde
beskou. Die Woord sê hulle het hulle loon weg. Ek onthou jare gelede sit
ek en my oorlede moeder in die kerk.. Toe die offergawe bordjie verbykom
gooi sy ‘n noot in en tog weet ek dit is haar laaste. Daardie middag kom
iemand vir haar kuier en toe die mense vertrek los hulle ‘n koevertjie vir
haar…. Hoekom? Omdat sy als wat sy gehad het, gegee het en God werk
in ander se harte om haar te kom seën. Daardie dag het ek besef die
HERE kyk in ons harte na ons motief , daar waar niemand sien nie. Daar
is mensies wat ook hierdie poslys anoniem seën maar ek weet die HERE
sien elke hart raak.
Matt 6V1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense
bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon
by julle Vader wat in die hemele is nie. 2 Wanneer jy dan
liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die
geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur
die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het
hul loon weg. 3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou
linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, 4 sodat jou
liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die
verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
GETUIENISSE en TERUGVOER
FC getuig:
Elke oggend bid ek of my man en vra dat God ons beskerm teen
enige ernstige ongeluk of besering. Vanoggend het my dogtertjie
gebid, dus het ek sommer saggies vir ons gebid voor ek die huis
verlaat het. Ek het by die T-aansluiting by die N1 na Louis Trichardt
gestop, gesien dis skoon en gery. Die volgende oomblik is die
bakkie op ons en langs my. Dis asof God se hand tussen ons was,
daarom het niks gebeur nie. Alle eer kom na God toe!
Mark 10:14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik
geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en
verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit so kort as moontlik maar moenie jou
getuienis los as dit te lank is nie, ek sal dit bietjie verkort waar nodig
met jou toestemming
VERJAARSDAE 24 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag.
Phia Lamprecht. 24 Mei
Elize Slabbert 24 Mei
Miekie Greyling 24 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Matt 6V1”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *