Ester 5:1-3

Ester 5:1-3
OP die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal. En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak. Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — dit sal jou gegee word.

Ester knoop n stryd aan met die koning se mag. Vasti het die koning se gesag uitgedaag deur nie te kom toe die koning haar ontbied het nie. Sy het hom ontmasker, maar self ook verloor. Ester daag nou die koning se gesag uit deur na hom te kom toe hy haar nie ontbied het nie. En sy wen die kragmeting met haar skoonheid. Die koning se kniee lam en hy is so mak soos n lammetjie vir haar. Hy bied haar enige iets aan selfs die helfde van sy koninkryk.

Vir drie dae lank vas en bid die Joodse bevolking in Susan. Drie volle dae eet en drink niemand nie – almal besef dat hulle lewe in die weegskaal is, en Ester is die enigste persoon wat iets daaromtrent kan doen. “Here, gee asseblief vir Ester die wysheid om hierdie saak reg te hanteer”, bid menige Jood daardie drie lang dae. Hulle vas en gebed laat ‘n mens dink aan Nineve, toe Jona vir hulle vertel het dat die Here hulle sou uitdelg oor hulle sonde. Hulle het hulleself voor God verootmoedig, rouklere aangetrek, gevas en gebid en die Here gesmeek om genade. Nou doen die Jode in Susan presies dieselfde. Sal die Here hulle gebed aanhoor soos wat Hy na die gebed van die Nineviete geluister het?

Ook Ester sonder haarself af, en met vas en gebed berei sy haarself voor vir die belangrikste afspraak van haar lewe ‘n afspraak wat nog nie eers gemaak is nie. Tot dusver was haar lewe as koningin van die magtige Persiese Ryk een groot fees. Sy is gepamperlang en sy geniet al die eer wat sy ontvang. Almal is gaande oor haar, en al daardie aandag is heerlik.

Maar nou skielik begin sy besef dat die wittebrood verby is. Die Here God het haar met ‘n doel hier geplaas, en dit is nie noodwendig sodat sy ‘n koninklike lewe moet hê nie. Met ‘n skok besef sy dat die taak wat die Here vir haar gegee het, hééltemal te groot is vir haarself om te hanteer. “Here, hoe kan ek, eenvoudige meisie, ‘n hele volk van uitwissing red?” smeek Ester die Here. “Die koning is ‘n bitter moeilike mens – hy sal my laat doodmaak as ek ongevraagd by hom opdaag!” Ester huil drie nagte om – sy is radeloos. Maar dan, stadig begin daar ‘n idee in haar posvat. (Iemand het eendag gese: toe spring die idee in my kop in en kyk waar sit ons nou al) Wanneer sy die derde dag baie vroeg opstaan, dan weet sy presies wat haar te doen staan. Die Gees van God is met ons en gee self idees en wysheid en kennis. Sy roep haar kamerpersoneel bymekaar: “Kom, ons moet dadelik aan die werk spring. Julle moet my mooier grimeer as wat julle dit nog ooit gedoen het.” kry hulle die opdrag, “en kry my koninklike klere reg – ek moet vandag die koning gaan sien.”

Moses het ook gevra hoe kan ek na faroa gaan U weet ek praat moeilik. Ek kan nooit die volk uit Egipte lei nie?
Ester kan sommer hoor hoe die meisies na hulle asem snak: “U kan dit nie doen nie Majesteit!” pleit hulle by haar, “u is mos nie uitgenooi nie. Die wet sê baie duidelik…….””Toemaar,” stel Ester hulle gerus, “Die Here, my God sal my beskerm. Vasberade reg vir die geleentheid. Die Engel bring so vir Maria die boodskap en sonder twyfel, al is daar gevolge, jul nie getroud en babas val nie uit die lug. Haha sy was gereed, vasberade.

Die voorbereiding vir Ester se besoek aan Ahasveros voel vir Ester na ‘n ewigheid. Alles moet perfek wees wanneer sy daar voor hom gaan staan. Amper soos n bruid op haar troudag. Ester bid baie hard wanneer sy die gang afstap na die ontvangssaal van die koning. Sy sweef die voorhof na die saal binne, en dan lyk Ester asemrowend. Al die koppe draai na haar. Haar knieë wil onder haar knak en sy wil eerder omdraai en weghardloop. Maar dan kom daar ‘n heerlike kalmte(bonatuurlike vrede en rustigheid) oor haar wanneer sy regoor die koning gaan staan, fier en regop en met haar ken hoog en vol selfvertroue.

Soos Moses way herhaaldelik voor die farao verskyn het(EKS 7-10) dryf sy die spel nog verder deur nie dadelik te se wat sy wil he nie. Onthou jy ook Johannes is onthoof en dieselfde storie. “en toe die dogter van dieselfde Heródias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee.En hy het vir haar gesweer: Net wat jy my vra, sal ek jou gee, al was dit ook die helfte van my koninkryk. Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.” (MARKUS 6:22-24). Sien jy n ooreenkoms?

Die spanning word so opgebou. Sy wag die tyd af, en is so volkome in beheer van die situasie. Wanneer Ahasveros nors sy oë lig om te sien wie hom nou so ongevraagd steur, word sy knieë lam, maar nie van vrees nie – van pure bekoring. Hy het al vergeet hoe beeldskoon Ester is. Hy steek sy septer na haar uit om haar binne te nooi. “Wat kan ek vir jou doen Koningin Ester? Vra net wat jy wil, al is dit ook die helfte van my koninkryk – ek sal dit vir jou gee.”

‘n Paar jaar tevore het Koningin Vasti die koning se gesag uitgedaag. Toe sy ontbied is het sy geweier om te kom. Daardeur het sy hom ontmasker, maar sy moes ‘n duur prys daarvoor betaal. Nou kom Ester en daag ook die koning se gesag uit deur ongenooid na hom te gaan. Hierdie kragmeting wen Ester egter met haar skoonheid en bekoring. Die koning is so mak soos ‘n lammetjie.
Ons kom ook soms nes Ester in ‘n situasie waar iets wonderlik met ons gebeur. Dan haal ons maar die skouers op en sê dat daar seker maar ‘n doel agter alles moet wees. Ester moes egter besef dat sy met ‘n baie bepaalde doel in die posisie as koningin geplaas is ter wille van ander mense, en dat sy haar posisie moes gebruik en diensbaar wees.

So verwag die Here ook van my en jou om dit wat die Here ons gee te gebruik vir die doel wat die Here dit vir ons gegee het. As Hy my byvoorbeeld ‘n mooi ruim huis gegee het, dan is dit nie maar net sodat ek baie lekker daar kan bly nie. Ek moet gaan sit en besin oor wat die Here werklik wil hê dat ek met die huis moet doen. Is dit nie dalk sodat ek die ruimte beskikbaar kan stel sodat mense daar kan bymekaar kom om te gebruik vir selbyeenkomste of
Bybelstudie of iets dergeliks nie? Of as ek rykdom gekry het – is dit sodat ek luuks kan lewe, of is die doel dalk eerder sodat ek ander kan help wat swaarkry? Kom ons besin eerlik oor wat die Here ons gegee het, en hoe Hy wil hê dat ons dit gebruik. Ons moet nie dadelik try als fix nie. Soms se ek: ek dink nog. Dit beteken ek vra Vader vir bonatuurlike wysheid, inspirasie en ek ontvang dit. Jy het nie omdat jy nie vra nie, soms dink ek aan iets en net eendag skielik ontvang ek dit. En dit kos my niks nie.

Here, U het vir my talente gegee. Wys my asseblief hoe ek dit moet gebruik. Wys my dinge wat U vir my in plan het. Help my om geduldig te wag op U tyd dinge aan te pak. Al wil my kniee knak en ek onseker staan. Onseker help my om soos Ester net te Weet Nou is die tyd. Soms wil ek weghardloop, dan besef ek, U sal my bystaan en my help. U alleen sal my krag gee, U ken my kom en my gaan en my sit en my opstaan. Voor ek my mond kan open, weet U wat ek wil se. Salf my mond met kole van vuur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *