Grenadella-Kaaskoek

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele

200 g ricotta
500 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
200 g strooisuiker
15ml suurlemoensap
100ml grenadellamoes

Metode

Voororverhit oond op 160 grade C

Spuit ‘n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei. Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in ‘n voetselverwerker en pols tot die mengsel glad is.  Oppas dat jy dit nie te veel meng nie. Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in ‘n voorverhitte oond vir sowat 35 – 40 minute, of tot dit gestol het.  Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel

Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel in die yskas tot etenstyd.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 434 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *