GROENBOONTJIE BREDIE

4 porsies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

45 ml olyfolie
800 g lams nek
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml gemengde droë kruie
1 kg bevrore groenbone
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml kookwater
2 aartappels, geskil
en in kwarte gesny
 

METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in ’n groot
oondvaste kastrol.  Braai lams nek tot bruin. Voeg ui en knoffel by. Roer tamaties, kruie en bevrore groenbone by. Geur met sout en swartpeper. Gooi kookwater by en meng goed. Plaas aartappels bo-op. Maak kastrol toe en plaas in die warm oond vir 1 tot 1½ uur, totdat die vleis sag is. Kyk nou en dan dat dit nie droog kook nie. As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.
Foto en resep bron: Onbekend

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,210 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *