Hand 28:8

Donderdag 11 Mei 2017 Tema: Hande 4
**** My eie woorde
**** In vanoggend se gedeelte sien ons die erns van hande oplê.
Dis ook baie interessant om te sien dat Paulus eers gebid het
daarna het hy hande op die sieke gelê. Ons sien ook dat Timotheus
aan die HERE gewy is deur handeoplegging . Dan kom die ernstige
waarskuwing dat ons nie haastig iemand die hande moet oplê nie.
Die grootste tragedie is juis dat in die laaste dae gaan baie mense
.gevang word deur wat hulle sien. Onthou Satan is op sy
gevaarlikste wanneer hy soos ’n engel van die lig verskyn en ons
gehoor streel en sê wat ons graag wil hoor
Hand 28:8 En die vader van Públius het siek gelê aan koors en
buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid
het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
2Tim 1:6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die
genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die
oplegging van my hande.
1Tim 5:22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook
nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag
mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun
van die mens te staan.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 11 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Maretha van der Schyff 11 Mei
Harry – Jahs 11 Mei
Sarieta Maasdorp 11 Mei
Isabella 11 Mei

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *