Hoekom is daar seisoene?

Hoekom is daar seisoene?
Winter: Ons beweeg ook deur seisoene en dis nie altyd lekker nie. Daar is spesifieke, onderskeibare seisoene in ons lewe. Winter spreek in ‘n sekere sin van geleenthede wat verbygegaan het, kanse wat verspil is, deure wat toegegaan het. Die winter in ons almal se lewens is soms baie sleg. Veral wanneer jy operasies of beserings gehad het. Kleurloos en vaal met Swart gebrande gras en naakte bome. En dan is party winters natuurlik kouer as ander. Die ys teen die ruite maak soms dat jy nie eers wil opstaan en die dag aanpak nie. Jy wil sommer net jou kop toe trek en bly lê. Los my uit. Een ding wat ek al geleer het, is dat hierdie winter seisoene in ons lewe nie God se wil is nie, maar hy laat dit toe om ons beter en sterker mense te maak. Sodat ons soveel meer ’n verskil kan maak in Sy koninkryk. Net soos die seisoene jaar na jaar kom en gaan, beleef ons dieselfde verandering in ons lewens. Ek dwing myself uit bed, lag omdat ek nie gras hoef te sny nie. Dan is die kombuis die 2de lekkerste plek, die gas stoof maak n heerlike heater, kook heerlik en bak beskuit en koekies. Moenie net negatief dink nie. In die somer is dit plant tyd onkruid en gras sny. Winter bak en brou. Hoekom is die wintertyd nodig? Als gaan dood. Gras word droog en gebrand. Plante word gesnoei, en dit is nodig sodat daar nuwe lote en nuwe vrugte kan uitgroei. En snoei tyd is eina. Dit is ook maar hoekom ons deur wintertyd moet gaan. Ons moet soms dood gaan in onsself en gesnoei word om beter vrugte te dra. Die wonderlike nuus vandag is dat elke seisoen’n begin en ’n einde het. Is jy in die koudste winter wat jy nog ooit ervaar het? Miskien kyk jy nou na die koue winter in jou lewe en vra jouself, hoekom? Weet net dat die koudste winters gaan veroorsaak dat jy die beste vrugte dra. Dis seer om gesnoei te word, maar bome wat daai seer deurgaan dra die Beste vrugte. Lees Habakuk 3:17-19.

Het mense seisoene uitgedink? “Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.” (GÉNESIS 8:22).
Gaan lees ook: Job37:7,Ps 74:17, Hooglied 2:11, Jes 18:6, Jer 36:22, Amos 3:15, Sag 14:8, Matt 24:20, Mark 13:18, Joh 10:22, Hand 22:12, Hand 28:12, 1Kor 16;6, 2Tim 4:21, Titus 3:12.

Die Lente breek aan. Ek staan vanoggend op en besef die ergste koue is verby, die ys in nie oggend teen jou kar se venster is nie meer so erg nie en ek hoef nie my kinders so warm aan te trek dat hul skaars kan loop nie. Binnekort gaan ons ook die nuwe lente bloeisels sien uitkom. Dis ’n tyd wat ’n mens sommer weer lus kry om nuwe dinge aan te pak, jy beplan hoe en wat jy die somer in jou tuin gaan doen. Jy sien jong klein groen blare, n opgewondenheid vlam op in jou. Jy sien ook sommer weer kans om te begin oefen. Dit klink vir my of die voëls met groter vrymoedigheid en vreugde die nuwe dag aankondig. Ek merk ʼn verandering in die natuur op. Dit word vroeer in die oggend lig. Die krampagtige greep van die winter het amper ongemerk verslap en dit voel vir my of die mense in die strate ʼn opgewonde huppel in hul stap het. Die feit dat ons binnekort nog ʼn somer gaan binne tree is alles binne God se plan en is die vervulling van Sy Woord, wat Hy daardie dag gespreek het toe Hy Noag se offer aangeneem het. “En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns. Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.” (JOB 29:23-24).

Dit moet ons baie opgewonde maak, en nie net omdat somer oppad is nie, maar elke dag en elke seisoen is opnuut ʼn bevestiging van God se Woord en belofte. En omdat God se Woord so getrou is om te realiseer behoort dit ons ook opgewonde te maak oor elke ander belofte van God. Vir baie mense is die verandering van seisoene maar net ʼn natuurlike gebeurtenis. Dit is mos hoe dit moet wees. Vir my persoonlik bring dit baie opgewondenheid, want dit bevestig net weereens aan my, dat ek God maar kan vertrou dat Hy altyd sal doen wat Hy gesê het. Hy het gesê Hy is my geneesheer en ek glo Hom en vertrou Hom vir my genesing. Hy het belowe Hy sal my voorsiener wees in alles wat ek nodig het, en ek vertrou Hom deur my saad te saai. Hy het belowe Hy sal my teen alles beskerm en ek glo Hom en vertrou hom en weier om vrees toe te laat. Daarom is die woorde van die profeet Jesaja so inspirerend vir my wanneer hy profeteer: “Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.” (JESAJA 42:9). Jes 41:22, 43:9,18, 48:3, 65:17. God weet nuwe dinge bring nuwe energie, nuwe uitdagings maar ook nuwe oorwinnings. Daarom wil ek jou vandag aanmoedig om die dinge wat verby is, te los waar dit hoort in die verlede, en liewer te fokus op die pad wat voor jou uitstrek, want dit is waar God se beloftes van nuwe dinge leef. Kyk dus met verwagting op en weet ʼn nuwe dag en nuwe seisoen het aangebreek. Ek besef vandag meer en meer hoe smal die pad werlik is.

Somer breek aan
Lees gerus 2 Sam 16:1,2 Ps 32:4,Ps 74:17, Spr 6:8, Spr 10:5, Spr 26:1, Jes 16:9,18:6, Jer 8:20, 40:10-12, Amos 3:15,8:2, Miga 7:1, Sag 14:8, Mat 24:32, Mark 13:28, Luk 21:30 en Jud 1:2
In die natuur maar ook in jou lewe. Begin n nuwe seisoen. Vruggies begin uitkom. Hoe lyk jou seisoen? Dalk goed soos: Liefde, Geborgenheid, Vertroue, Respek, Stabiliteit in jou lewe, Samesyn, Programme, Gebed, Ondersteuning, Geld, dra jy vrug ens. Wanneer ons weet wat God se wil is, is dit makliker om versoekings in ons lewens teen te staan. Dit help ons om ander gelowiges te ondersteun en te bemoedig.
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.” (FILIPPENSE 4:13-14). “Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” (PSALMS 119:10-11).

Herfs is ‘n baie besonderse tyd in die natuur maar herfs het ook ‘n geestelike betekenis en waarde in ons lewens. Mag hierdie gedeelte jou vandag help om te verstaan as jy ‘n herfs seisoen tans beleef.
Word bewus van die verandering van die seisoene. Alle dinge in die natuur verander, ook jy en die seisoene van die lewe. Omhels verandering! God is daar in die dorheid, die nuwe begin, die vrugbaarheid, en in die veranderende kleure van die lewe. God het ‘n plan vir elke seisoen van jou lewe. Ons moet vertrou dat Hy weet wat die regte tyd is vir die verandering van ons lewenseisoene en leer om ons in elkeen van hulle te verbly. Waarom vrees jy die herfs van die lewe? Is die rooibruin blare op die grond nie net so mooi soos die bloeisels aan die boom nie? Sien die winde moet waai om daai ou blare en gewoontes af te waai, sodat Vader kan snoei en die nuwe bloeisels kan uitwys. Na al die blare af is sal die blomme wegkwyn en die vrug verskyn. Sodra die seisoen gereed is. En die bome gaan aan die vrug erken word. Die herfs van die hart is ons seldsame seisoen van rypheid en kalmte; die tye wanneer ons vergewe omdat ons verstaan en waardeer omdat ons tog van afskeid weet. Daar is skoonheid in die herfs: kleure- en blareweelde. Daar is ook weemoed in die herfs: oor dit wat was en nooit weer sal wees nie. Daar is herinneringe in die herfs: van tye lank gelede wat nooit weer kom nie. Daar is blydskap in die herfs: oor dit wat lente en somer jou geleer het. Daar is eerlikheid in die herfs: wat praat van die kortstondigheid van die lewe. Herfs is die tyd vir geestelike rypwording en vervulling, wat uitloop op rustigheid en vrede in die gemoed. Die herfs is so pynlik eerlik omdat elke oortollige blaar, hoe mooi ook al, afval, tot ons ontbloot en nederig voor God staan. In die herfs is ‘n mens net wat jy is: nietige mens geheilig in die bloed van die Lam.
Wat beteken al die kleure van herf dan?
BRUIN: Sondebelydenis Neh. 9:1 God ons rots Ps. 95:1, 1 Kor. 10:4 Klei in God se hande Jer. 18:6
BRONS: Oordeel oor sonde Eks. 27:1-8 Reiniging van sonde Eseg. 14:11
ROOI: Jesus se bloed, kruisiging, verlossing, oorwinning, liefde Open. 1:18, Joh. 3:16 Vergewing van sondes Heb. 9:22, Jes. 1:18 Priesterlike kleure Eks. 39:1 Redding Jos. 2:21
ORANJE: Doping met die Heilige Gees Hand. 2:3, Mat. 3:11 en ryp oes
WYNROOI: Oorvloed Joël 3:18
GEEL: Goddelike Majesteit Op. 21:23 Genesing Mal. 4:2 Salwing deur die Heilige Gees Vreugde
Die hoofkenmerk van herfs is dat die seisoenkurwe sy hoogtepunt en draaipunt bereik het. Die tekens is duidelik. Die vrugtetyd is verby. Word vroeer skemer. Daar kan dalk nog enkele navruggies aan die bome sit. Die blomme het afgeneem en tekens van groei en lewe is min. Die blare verkleur en val af. Die dae raak korter en die nagte langer. Die eerste tekens van koue verskyn. Job 29:4 en Spr 20:4. Besin so ‘n bietjie oor die herfstye in jou lewe as jy aan die volgende dink: dit is daardie tye in jou lewe wanneer dit vir jou voel dat jou lewe in sekere opsigte ‘n afwaartse spiraal volg. Daai stil word en maak gereed vir die winter wat kom. Voorbereiding. Stil word tyd. Raak aktief in jou binnekamer, raak stil dat Heilige Gees jou self jou foute, te kort kominge kan uitwys. Dit lyk of dinge agteruitgaan en jy nie meer in alles so stewig in die saal sit nie. Dis asof jy nie meer so in beheer van alles is nie. Dis asof daar ‘n geestelike afkoeling by jou is, en jou lewe is nie so vrugbaar soos voorheen nie. Jy voel droog en leeg en ondervind selfs ‘n gebrek aan ywer en entoesiasme. Herfs mag selfs ‘n skadu gooi oor jou huwelik. Jul beleef moontlik spanning en sit vas oor dinge wat vroeër nie ‘n probleem was nie. Julle is meer bewus van mekaar se foute en gebreke. Op geestelike terrein probeer jy nog jou verantwoordelikhede nakom met ‘n goeie roetine maar sonder die vreugde, entoesiasme en passie van vroeër. Dit is nie dat jy die Here nie meer liefhet nie, maar jy is nie meer so bewus van Sy teenwoordigheid nie. Dit kos ekstra volharding en inspanning om dieselfde geestelike hoogtes as vroeër te handhaaf. Jeremia 8:20 – die oes is verby, die somer is ten einde, en ons is nie verlos nie!
Jeremia 46:17 – Hy het die bepaalde tyd laat verbygaan. He missed his chance. Daar is sekere dinge wat nooit gedoen sal word as dit nie “voor die winter” gedoen word nie. Daar kom tye in ons lewe, sulke herfsoomblikke – wanneer daardie goue deur vir oulaas nog vir ons oopstaan, daardie spesiale geleenthede nog vir ons wag; tye wanneer daar dinge is wat ons dringend moet doen, en indien ons dit nie doen nie, ons nooit weer die kans daarvoor sal kry nie. Maria het ‘n groot geleentheid raakgesien en aangegryp toe sy gekies het om by Jesus se voete te sit i.p.v. vir Martha help. Maria was nie lui nie, sy het net daardie spesiale oomblik onderskei en aangegryp en niemand sou dit ooit van haar kon wegneem nie.
Die dissipels wat geslaap het, het ‘n geleentheid gemis om te sien hoe Jesus se sweet soos bloeddruppels op die grond val terwyl Hy in Getsemane gebid het. Hul het gemis om te hoor Hy tot Sy Vader bid. Hul het gemis om te sien hoe die engel kom om Hom te versterk. Hulle het dit vir altyd gemis – die geleentheid sal nooit weer wees nie. Spesiale geleenthede wat ons gebied word om aan iemand wat ons nodig het een of ander bewys van ons sorg en liefde te gee. Daar is herfsgeleenthede wat ons gegun word om versteurde verhoudings reg te stel. Hoeveel van ons loop nie rond met bitterheid en verwyte oor mislukte verhoudings met familie, kollegas of vriende nie. Herfs verteenwoordig ook soms daardie tye wanneer die Here op een of ander manier met ons praat, ‘n opdrag gee. Restorasie doen en heelmaak. Die vraag is wat maak ek en jy met die opdragte van die Here in ons lewens? Dit kos ekstra volharding en inspanning om dieselfde geestelike hoogtes as vroeër te handhaaf – VOLHARD. Wanneer jy die gang van die seisoene verstaan, sal jy die Here ook vir die herfstye in jou lewe kan dank. Onthou: dit gaan ook verby. Bly by die Here – al hoor jy Hom nie en al is jy nie so bewus van Sy teenwoordigheid nie – Hy is daar! Benut geleenthede en oop deure – DIT KOM DALK NIE WEER NIE EN JY KAN DIE OOMLIK MIS. Dis OK om nie altyd in beheer te wees nie – vind rus by Hom – sit by Sy voete – maar moenie waak dat jy nie “slaap” nie. Kom ons fokus in hierdie tyd – maar ook wanneer jy ‘n Herfs-tyd in jou persoonlike en geestelike lewe beleef – En asemrowende herfs, omskep die natuur in briljante skaduwees van oranje, geel en rooi.

Gedurende ʼn perfekte winter’s dag, het ongerepte sneeu die berge en stad strate bedek.
Lente het reinigende reën gebring en die ontploffing van groen gekleede lewe. Bloeisels en nuwe lewe.
Die lui lug van somer het gedien as ʼn aangename blou skildery vir die hitte van ʼn helder son.
As kind, was ek lief vir elke seisoen, en is tot vandag toe lief vir die karakter en uniekheid van elke een. Ons het ook seisoene in ons lewens. Party is warm en aangenaam. Ander is nie. Party van die dae in ons lewe is so pragtig soos prentjies in ʼn kalender. En tog is daar dae en omstandighede wat hartseer veroorsaak, koue doodsbed van n geliefde, wat diep gevoelens van wanhoop, boosheid en bitterheid in ons lewens bring. Ek is seker dat een of ander tyd het ons gedink dat dit lekker sal wees om in ‘n land te gaan bly wat gevul is met dae van prentjie-perfekte seisoene. Waar ons witgeklee voor Vader gaan staan. Sy Naam sal groot maak, verheerlikde liggame sonder koue en pyn en lyding. Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,734 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *