Jak 4:8

Dinsdag 9 Mei.2017 Tema: Hande 2
**** My eie woorde:
**** Van kleins afleer ons ons kinders om handjies te was. Vuil
hande op ’n geestelike vlak verteenwoordig verkeerde goed wat ons
doen Toe Jakobus sê “reinig julle hande” het hy nie bedoel hulle
moes gaan hande was nie, hy praat van sonde wat hulle doen .
Daarmee saam sê hy “suiwer die harte” Juis omdat sonde in ons
hart, oftewel gedagte begin. Dit wat ons doen, is maar net ’n
uitvloeisel van wat in ons gedagtes begin. Kom ek en jy vra vandag
die HERE om nie net ons hande te reinig nie, maar ook om ons
suiwer harte vir Hom te gee. Hy is getrou en regverdig en sal dit vir
ons doen dit.
Jak 4:8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande,
julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Ps 24:3 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag
staan in sy heilige plek?
4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef
tot nietigheid en nie vals sweer nie. 5 Hy sal seën wegdra van die
HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om
ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Elize Claasen 9 Mei
Bianca Swart 9 Mei
Chris Putter 9 Mei
Carina Mouers 9 Mei
Nelamrie Derry 9 Mei
Sue-Ellen Erasmus 9 Mei
Flowery Claasen 9 Mei
Sonnet Vogel 9Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *