Jakobus 1 V2

Lente Nagel

Baie dankie vir almal se terugvoer oor die getuienisse verlede week
Onthou jou getuienis kan dalk iemand anders help wat deur dieselfde
toets gaan.
Maandag 29 Mei.2017 Tema: Wanneer ek getoets word 1
**** My eie woorde
***Ek wonder wat sou ek en jy dink, wanneer jy werklik deur ’n
vreeslike tyd van krisis gaan en iemand sê vir jou: “Wees bly”
Ek dink ons eerste antwoord is “ Jy het nie ’n idee waardeur ek nou
gaan nie” Verseker is dit so, maar erger nog Jakobus sê nie net “
Wees bly “ nie, hy sê “ Wees BAIE bly” Hy praat ook nie net van
een beproewing nie, hy sê as daar sommer ’n klomp goed met jou
gebeur. Tog laat hy ons nie sonder hoop nie. Dan gee hy die rede
waarom hy so sê, hy sê as ons geloof die toets kan deurstaan leer
ons juis daardeur on aan te hou. Die doel daarvan is dan juis dat
God ons daardeur wil leer om in geloof in elke omstandigheid aan
Hom vas te hou. Dalk lyk dit waardeur jy nou gaan onoorkomelik.
Dink jy vir een oomblik ‘’n Skepper God wat jou gemaak het en Sy
Seun in jou plek laat sterf het, dat Hy nie omgee nie. Bly net aan Sy
voete en moenie opgee nie. Hou aan, hou aan, hou aan, ..dis
volharding.
Jakobus 1 V2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer
allerlei beproewings oor julle kom, V3 want, soos julle weet, as
julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te
volhard. V4 En die volharding moet end-uit volgehou word
sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige
tekortkoming.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 29 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
Danie Kriel – 29 Mei
Dominique Gibson 29 Mei
Jennifer Johnston 29 Mei
Benitha Kritzinger 29 Mei
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 116 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *