Joh 14 V25

Woensdag 3 Mei 2017 Tema: Toetse en Eksamens 3
**** My eie woorde
****Wanneer ons eksamen gaan aflê is een van die goue reëls dat
jy geen notas mag saamneem nie, om nie eers te praat van ‘n
persoon wat by jou kan sit en jou met antwoorde kan voer nie.
Tog, indien jy die Woord van God bestudeer en jy vergeet
sommige dinge, of jy verstaan dit nie dan ontvang jy in die
Eksamen van die lewe die belofte van so ‘n Persoon wat die hele
pad saam met ons sal loop Hy leer ons nie net nie, Hy sal ons
ook herinner aan dit wat Jesus gesê het. Sy taak is dan ook om ons
onrustig te maak oor die dinge wat verkeerd is. So Hy oortuig ons
van sonde hoe daarom reg te maak en dat ons voor God in oordeel
sal staan en daarom pla dit ons. Aan die anderkant van die munt is
dit dan ook waar. Hoe kan Hy jou herinner as jy nie die Woord lees
nie, hoe lank sal Hy bly as jy Hom die hele tyd wegwys.
Joh 14 V25 “Dit sê ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; V26 en
wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees,
stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir
julle gesê het.
Joh 16:8..en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en
van geregtigheid en van oordeel:
2 Kor 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in
Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
****Dis daardie sagte stil stemmetjie van die Heilige Gees wat met
ons elkeen praat. Mag die Here ons elkeen in Sy troue liefde toevou
in hierdie dag sodat ons nie net Sy stem sal hoor nie maar dat ons
daarna sal luister en dan gehoorsaam
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 3 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Ria Augustyn 3 Mei
Johan Lourens 3 Mei
Chantal Breet 3 Mei
Wilna Wheater 3 Mei
Esther Brits 3 Mei

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *