Jos 2

Joey Hanekom

Joshua (Jos 2) wil seker maak of Israel die land kan inneem. Hy stuur verkenners. Die verkenners beland in n Prostituut se huis. Ken sy God? Kan hul haar vertrou? Haar werk was om mans gelukkig te hou. Haar huis was, om meer as een rede, ’n goeie herberg om te oornag. n Gastehuis met “voordele”sou reg klink. En bemarking vir haar gastehuis was redelik maklik omdat haar huisie sommer op die stadsmuur was. Wel sy kan vyandelike spioene verklap en dan is daar groot moeilikheid. Maar wat n onverwagte verrassing! Ragab versteek hul. Sy mislei haar koning doelbewus en plaas die vervolgers op verkeerde spoor. Miskien ’n bietjie anders as vandag, was ’n prostituut in daardie dae nie noodwendig straatvrouens wat onversorgd op die hoeke gestaan het sonder ’n permanente adres nie. Trouens, ons kry die idee dat Ragab ’n trotse en bekende inwonder van Jerigo was. Selfs die koning in sy gesprekke met haar in hierdie gedeelte, het haar nie sommer as ’n hier-jy behandel nie. Ken jy mense wat so is? Hul ken net almal en almal weet van sy/haar bestaan. Uit haar karakter kan ons aflei dat sy ’n sterk persoonlikheid gehad het en uit die manier hoe sy met die verkenners gepraat en onderhandel het, was sy selfstandig en onafhanklik. Dit is by hierdie adres op die stadsmuur, waar die verkenners aanklop, met die opdrag van hul leier Josua om te gaan kyk hoe die vesting in Jerigo lyk wat volgende ingeval moes word. Byna 38 jaar gelede was Josua self deel van ’n span verkenners wat dieselfde opdrag gehad het. Num 13. Hoekom hierdie twee by Ragab aanklop, bly seker ’n raaisel. Soms verloop dinge nie soos ons dit beplan nie. Met jou beplanning dat alles perfek sal uitwerk en skielik gebeur iets heel anders en als jou mooi planne werk glad nie uit nie. En toe die twee by haar huisie aankom, het hulle natuurlik gasvryheid ontvang wat hulle nie noodwendig by ’n ander huis sou kry nie. En soos dit in klein dorpies maar werk, het die nuus vinnig versprei dat daar twee Israelitiese gaste by Ragab kuier. En dit is toe dat die koning mense stuur om te gaan kyk. Vreemd genoeg was Ragab goedgesind teenoor die mans. Ons lees dat sy hulle weggesteek het selfs nog voor die mense aan die deur geklop het en dat sy teen haar koning te draai en sy soekgeselskap op ’n dwaalspoor weg te stuur. Hoekom is sy bereid om haar lewe, die mense saam met haar se lewe, eintlik die mense van Jerigo se lewe en haar besigheid op die spel te plaas ter wille van twee vreemde mans?

Die rede vind ons in vers 9,10. Sy het van die Here geweet! Sy ken Sy naam. Sy het gehoor van die wonderwerke wat hierdie volk gevolg het, en ook van die oorwinnings wat hulle telkemale in oorloë bereik het. God se reputasie het Hom vooruit geloop en Ragab het dit gehoor!

En op grond van dit wat sy van God gehoor het het hierdie prostituut ’n belydenis oor die lewende God! “Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.” (HEBREËRS 11:31).

Iewers in die vrou se lewe is daar geloof en hoop in haar hart geplant. En dit was vir haar genoeg om vanuit haar vrees vir God ’n ooreenkoms te sluit met God se mense. Sy laat hulle ’n eed voor die Here aflê dat hulle haar lewe sal spaar. En met die rooi tou ontstnap die verkenners uit haar venster met waardevolle inligting wat die pad van God se volk na die beloofde land sou oopmaak. Onwetend word sy deel van die wonderwerke van God waarvan sy op daardie stadium nog net van gehoor het. Hoop gaan nie oor aardse dinge nie, of eerder, dit is nie veronderstel om oor aardse dinge te gaan nie. Hoop moet gaan oor die toekoms, en nie die toekoms op die aarde nie, die toekoms wat vir ons wag wanneer Jesus weer kom.”En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,” (ROMEINE 5:3).

Na die inval van Jerigo is Ragab en haar mense gespaar soos die ooreenkoms gesê het. En sy het ’n plekkie tussen die volk van God gekry. Vriende, hulle het nie haar ras of geslag of twyfelagtige werk of agtergrond teen haar gehou nie. Die Israeliete het hierdie Kanaaniet en prostituut aanvaar as deel van hulle geloofsgemeenskap! Die gevolg hiervan was dat Ragab later getroud is met Salmon, uit die stam van Juda en hulle het ’n seun gehad met die naam Boas wat later jare met Rut getrou het. Wat sê ek vir jou? Sy was op die ou einde een van die skakels in Jesus se geslagsregister! “en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Ísai,” (MATTHÉÜS 1:5).

Ragab, word die held van Israel. “En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?” (JAKOBUS 2:25).
Want jy sien, God maak van gewone mense geloofshelde! Met ander woorde God maak nobodies from somebodies. Was sy dissipels profesors en pastore, nee Hy vat vissermanne. Mense sondig en weet jy verdien om met klippe gedood te word. God se gaan en sondig nie meer nie. Nie 30stappe Om op te hou…nie. Dit maak nie saak wie jy is nie. Dit maak nie saak van waar jy kom nie! Dit maak nie saak in watter beroep jy staan nie. Dit maak nie saak of jy ’n graad het nie. Dit maak nie saak wie en hoe jou familie is of waar jy bly! Hy gebruik gewone mense en doen deur hulle ongewone dinge! Miskien verbreed hierdie verhaal so bietjie ons visie op God se liefde vir mense. God reik soms spesiaal uit na hulle met ’n reputasie. Ragab, die vrou wat op owerspel betrap is, Levi die tollenaar, Saggeus die dief. Want jy sien, Hy gebruik jou soos jy is. God maak van gewone mense geloofshelde. En miskien konfronteer Ragab ons met die baie mense wat ons so maklik afskryf. Sal ons nie dalk anders na mense kyk as ons in elke liewe mens ’n potensiële geloofsheld raaksien nie? Ons hou op om mense te oordeel, Mag ons met ons bordjies en etikette, statusse en klasse, nooit in die pad staan van God se werk nie.

Lees Rom 5:3-5. Hierdie hoop kom nie uit ons self nie. Dit is ‘n vaste verwagting, en sekerheid, wat nie van onsself afhang nie, maar in die wete van God dat ons in Sy heerlikheid sal deel.
Ragab is n simbool van geloof buite God se volk. N Baie goeie vriendin se altyd:as daar asem is, is daar hoop. Bid jy al lank vir iemand om tot inkeer te kom. God is busy fixing people. Broken people just like you. Op Sy tyd… En Sy manier sal dinge gebeur. Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 136 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *