Klaagliedere 3 V31

Lente Nagel

Woensdag 31 Mei 2017 Tema: Wanneer ek getoets word 3
**** My eie woorde
****Die laaste gedeelte van vandag se stukkie is seker die
belangrikste. Die deel wat sê ons moet onsself DEEGLIK
ondersoek. Ek en jy kan onsself nie verander nie , maar wanneer
ons na die stem van die Heilige Gees luister, kla ons gewete ons
aan en dan moet ons luister maar ook doen. Het jy al met jou kind
gepraat oor iets verkeerd en hulle antwoord “ Jaaaaa ek weet!”
Dan antwoord jy “nou as jy weet hoekom doen jy dit nie” Mag die
HERE vandag vir my en vir jou die oorwinning gee oor daardie
goedjies wat ons pla.
Klaagliedere 3 V31 Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie;
V32 as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy
Hom weer, want sy liefde is groot: V33 Dit is teen sy sin dat Hy
mense in ellende en beproewing bring. V34 Dat al die
gevangenes in die land mishandel word, V35 dat iemand se reg
vertrap word voor die Allerhoogste, V36 dat ‘n mens in ‘n
regsaak veronreg word – die Here sien dit raak! V37 Wie kan
iets beplan, en dit gebeur, as die Here nie die bevel gee nie? V38
Is dit nie op bevel van die Allerhoogste dat die kwaad sowel as
die goeie te voorskyn kom nie? V39 Wat kla ‘n mens oor sy
lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. V40 Laat ons ons doen
en later deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer,….
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Baie dankie vir diegene wat om voorbidding gevra het. Ek glo
en vertrou dat jou uitkoms voor die deur is . Ons dien ’n God by wie
alles moontlik is
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 31 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Stockenström, Unika 31 Mei
Karen Keyser 31 Mei
Annelie v Rooyen 31 Mei
Esti Pieterse 31 Mei
Danie Frick 31 Mei
Wilna Norton 31 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *