Matt 27:24

Vrydag 12 Mei 2017 Tema: Hande 5
**** My eie woorde
**** In die Bybel vind ons uiteindelik twee groepe, skape -bokke ,
Gehoorsames- ongehoorsames, maagde met olie, ander sonder olie,
koring en die kaf. In die boek Openbaring sien ons weer twee
groepe . Die groot menigte met Palmtakke in hulle hande maar later
kry ons ook die groep wat hulle nie bekeer het van die werke van
hulle hande nie . Alles wat vandag in die wêreld aangaan gaan nie
ongemerk by God verby nie . Toe Jesus voor Pilatus staan, was hy
sy hande as teken dat hy onskuldig is aan die bloed van Jesus,
maar daardie selfde bloed moes hom van sy sonde reinig.
Matt 27:24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar
eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die
skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie
regverdige man; julle kan toesien!
Open 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot
menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en
volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam,
bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Open 9:20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is
nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die
duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip
en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.
Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien
staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die
lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke
geskryf is, volgens hulle werke.
**** Mag die HERE ons elkeen help om as oorwinnaars saam met
Hom te staan eendag
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12,13 en 14 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Hannetjie Erasmus 12 Mei
Elsje v Wyk 12 Mei
Haley Swanepoel 13 Mei
Marieta 13 Mei
Magda von Stade -13 Mei
Lolita Soldaat 14 Mei

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 55 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *