Matt 5:43

Maandag 22 Mei.2017 Tema: Jou Tweede myl 1
**** Goeiemôre almal, Verskoning as dit lank is vandag maar
ek moet dit met julle deel.

Vrydag het die vyand weer probeer om my te pootjie. Ek wou my
adresse op “cloud” van Microsoft bywerk Toe werk dit andersom en
gooi Microsoft my adresboek omvêr met al my ou e-pos adresse
van 2013 Ek het wel ’n rugsteun kopie gehad maar na Vrydag se e-
pos reeds uitgestuur was het verkeerde ouens e-pos gekry en
ander nie. Laat weet indien jy nie meer die e-pos wil ontvang nie.
Indien jy iemand kan aanbeveel wat dit graag sal wil lees is dit ook
welkom. Dalk is dit jou 2de myl vir my vandag.

**** My eie woorde
*** Jesus se woorde was altyd radikaal en vanoggend spreek dit my
eie hart aan. Dalk praat die HERE ook met jou die week daardeur.
Matt 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste
liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet
jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die
wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;
45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele
is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat
reën op regverdiges en onregverdiges.
Spr 25V 21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en
as hy dors het, gee hom water om te drink. 22 Want jy hoop
gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.
Spr 25:22 ( NV) Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou
vyand vuurrooi van skaamte laat word.
GETUIENISSE en TERUGVOER
A.S. getuig!!! –(2010)
Ek het altyd gedink ek ken die Here maar ek het nie regtig geweet wie en
wat Hy is nie tot die 21ste Mei 2010. My seun het eendag by my gekom
en vir my ‘n Engelse bybel gegee, maar ek lees liewers Afrikaans. Ek het
toe die bybel nooit oopgemaak nie en dit toe gebêre by al my ander
Christelike boeke wat ek nooit eintlik gelees het nie, wat ek as geskenke
ontvang het. My Ousus het kom kuier, Vrydag al deurgekom van
Richardsbaai vir my verjaarsdag Saterdag die 22 ste Mei. Sy lees graag
Engels, ons twee is na boontoe om te gaan slaap en met dié haal sy
weer vir my ‘n boek uit wat sy toe vir my gee, ek sê toe vir haar ek het ‘n
Engelse bybel wat ek vir haar wil gee. Ek haal toe die bybel onder uit die
kassie uit, hou dit in my hand en maak dit oop maar voor dit heeltemal
oop was het sy die bybel toegemaak en vir my gesê, ‘MY HEMEL SUS
WAAR KRY JY DIE BOEK?’ ek vertel haar toe dat my seun dit vir my
gegee het, hy het dit in die vuilgoedblik gekry. Ousus vra my toe om die
boek oop te maak en tot my ontsteltenis is daar toe ‘n prent van ‘n ding
wat lyk soos ‘n duiwel en voor hom sit twee gedrogte wat amper soos
honde lyk. Sy raak toe aan die boek en maak hom toe en vertel my toe
die volgende. Sus weet jy wat jy in jou kas gehad het, ek antwoord toe ja
dit is ‘n Engelse Bybel, maar sy kan dit maar vat alhoewel ek dit vir ‘n vrou
by die werk belowe het. Sy antwoord my toe en sê , jy het ‘n boek van
“SATAN” in jou hande. Die teken voorop is die teken van satanisme ons
moet dadelik daarvan ontslae raak. Ons kon dit nie daai tyd van die
oggend dit is nou 01H00, verbrand nie so ons loop toe na nie vullis blikke
van ons kompleks toe en begin die boek in klein stukkies skeur elke keer
het ons die Here gevra om ons te beskerm. Eerste het ons die teken
voorop vernietig en daarna ook die res. Terug geloop woonstel toe, en
GOD gevra om asseblief die huis en alles daarin te seën en ook vir my.
Dit het gevoel asof ek gesweef het soos wat Ousus gebid het vir GOD. Ek
was ‘n persoon met ‘n baie lelike innerlike baie probleme veroorsaak in
my huishouding en ook by die werk en ook met my familie en vriende,
maar na wat Vrydag nag gebeur het is dit net asof ek weer aanvaar word
in die samelewing en deur almal bygestaan word. Ek het uiteindelik alle
laste en moeilikhede van my skouers af danksy God se genade en ook
dat Hy my Ousus na my toe gestuur het. My seun het sonder dat hy
geweet het die “satan” in my huis ingebring. Ek is glad nie kwaad vir hom
nie en sal nog aan hom verduidelik wat gebeur het. Baie dankie vir die
geleentheid om my getuienis met julle te deel.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit so kort as moontlik maar moenie jou
getuienis los as dit te lank is nie, ek sal dit bietjie verkort waar nodig
met jou toestemming
VERJAARSDAE 22 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Rosa Swart 22 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 54 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *