Matt. 6:25

Lente Nagel

Vrydag 26 Mei 2017 Tema: Jou Tweede myl 5
**** My eie woorde
*** Waaroor sit en bekommer jy jou vanoggend? Geld is mos almal se
probleem, party het teveel dan word die bekommernisse nog groter, ander het
te min dan is hulle bekommerd oor hoe om meer te kry . Dan is daar soveel
ander sorge en bekommernisse elke dag, te veel om op te noem. Tog sê vandag
se gedeelte dit maak nie saak wat jou bekommernis vandag is nie,
gooi dit op die HERE … ja dit is wat Petrus sê waar hy skryf “werp al julle
bekommernis op Hom” Dit beteken letterlik gooi dit weg van jou af. Ervaar
dan hoe God se vrede oor jou spoel wanneer jy in geloof al jou kommer
en sorge vir Hom gee … onthou Hy sal sorg, want as Hy dit beloof het
doen Hy dit. Soek Hom eerste dan val die res in plek.
Matt. 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—
wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam–wat
julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die
liggaam as die klere nie? ………….
30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre
in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle,
kleingelowiges? 31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal
ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want
na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet
dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar soek eers die
koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir
julle bygevoeg word. 34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want
môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy
eie kwaad.
1Pet 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir
julle.
Geseënde naweek aan almal, tot Maandag as ons gespaar bly.
GETUIENISSE en TERUGVOER
EN getuig:
Ek gaan gym toe en die robot is rooi. Ek wag maar geduldig vir groen en
begin toe oor te stap maar ek kyk so terloops na die regterkant toe en die
volgende oomblik sien ek hierdie groot polisie trok op my afkom met
sirenes wat blêr en ek is seker dit het so 140 km per uur gery. Nog nooit
was ek so kalm nie want ek het vorentoe gekyk en gesien as ek aanloop
gaan hy my definitief tref en toe ek agter toe kyk toe sien ek dat dit daar
oop is. Wel die polisie trok het brieke aangeslaan en ek het agter toe
beweeg hy het so by my verby gegly. Waarlik ons Hemelse Vader was
saam met my en het verseker Sy Hand oor my gehou.
Ps 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy
skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 26,27 & 28 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Hannetjie Moolman 26 Mei
Rhetta Irion 26 Mei
Luke Perkins 26 Mei
Cherlyn Loots 26 Mei
Marina Oosthuizen 26 Mei
Hendre Olivier 27 Mei
Suzan Kruger 27 Mei
Betsie Nel 27 Mei
Yolandi J. v Rensburg 27 Mei
Nicolene v d Vyfer 28 Mei
Eleanore Du Toit 28 Mei

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *