OONDSTOWEGEREG  MET  VARKTJOPS  EN  HEUNING  (6 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
4 vark dikribtjops (20 mm),
15 ml kookolie,
30 ml koekmeel,
15 ml voorafbereide mosterd,
250 ml droe rooiwyn,
1 440g blik fyn pynappel,
25 – 50 ml heuning,
7 ml sout,
varsgemaalde swartpeper na smaak.

Metode
Verwyder vet van tjops en sny tjops middeldeur.  Maak insnydings in vet (25mm ver van mekaar) sodat vleis nie omkrul nie.  Verhit kookolie en braai vleis bruin.  Skep vleis in bakskottel.  Meng res van bestanddele in klein kastrol en verhit.  Giet oor vleis.  Bedek en bak 2 – 21/2 uur tot vleis sag is.  (160*C).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 274 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *